Jesus van Nasaret (8–2 v.C. tot 29–36 n.C.),Sommige geskiedkundiges en Bybelse akademici wat die geboorte en dood van Jesus in hierdie tydperk plaas, sluit in D. A. Carson, Douglas J. Moo and Leon Morris. An Introduction to the New Testament. Grand Rapids, MI: Zondervan Publishing House, 1992, 54, 56; Michael Grant, Jesus: An Historian's Review of the Gospels, Scribner's, 1977, bl. 71; John P. Meier, A Marginal Jew, Doubleday, 1991–, vol. 1:214; E. P. Sanders, The Historical Figure of Jesus, Penguin Books, 1993, bl. 10–11, en Ben Witherington III, "Primary Sources," Christian History 17 (1998) No. 3:12–20. ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישו (Jesjoea of Jesjoe) is, wat beteken "JHWH red".
Christelike sienings oor Jesus fokus op die geloof dat Jesus die Messias is wie se koms in die Ou Testament van die Bybel voorspel word en dat hy opgestaan het uit die dood. Die meeste Christene glo dat Jesus die verpersoonliking van God is en dat hy gekom het om verlossing en versoening met God te bied. Nie-trinitaristiese Christene erken verskeie ander interpretasies rakende Jesus se goddelikheid.
Jesus het self geen geskrewe werke nagelaat nie en die hoofbronne van inligting rakende Jesus se lewe en sy leerstellings is die vier kanonieke Evangelies van die Nuwe Testament: Matteus, Markus, Lukas en Johannes en 'n aantal apokriewe skrifte. Meeste geleerdes van geskiedenis van Bybelstudie stem saam dat Jesus 'n Galilese Jood was, dat hy as 'n leraar en 'n geneser beskou was, dat hy deur Johannes die Doper gedoop was en gekruisig was in Jerusalem onder die bevel van die Romeinse goewerneur, Pontius Pilatus, na beskuldigings van opruiing teen die Romeinse Ryk.Raymond E. Brown, The Death of the Messiah: From Gethsemane to the Grave (New York: Doubleday, Anchor Bible Reference Library 1994), bl. 964; D. A. Carson, et al., bl. 50–56; Shaye J.D. Cohen, From the Maccabees to the Mishnah, Westminster Press, 1987, bl. 78, 93, 105, 108; John Dominic Crossan, The Historical Jesus: The Life of a Mediterranean Jewish Peasant, HarperCollins, 1991, bl. xi – xiii; Michael Grant, bl. 34–35, 78, 166, 200; Paula Fredriksen, Jesus of Nazareth, King of the Jews, Alfred B. Knopf, 1999, bl. 6–7, 105–110, 232–234, 266; John P. Meier, vol. 1:68, 146, 199, 278, 386, 2:726; E.P. Sanders, bl. 12–13; Geza Vermes, Jesus the Jew (Philadelphia: Fortress Press 1973), bl. 37.; Paul L. Maier, In the Fullness of Time, Kregel, 1991, bl. 1, 99, 121, 171; N. T. Wright, The Meaning of Jesus: Two Visions, HarperCollins, 1998, bl. 32, 83, 100–102, 222; Ben Witherington III, bl. 12–20.Alhoewel baie geskiedkundiges sommige voorbehoudings mag hê rakende die gebruik van die Evangelies vir geskiedkundige rekords, "even the most hesitant, however, will concede that we are probably on safe historical footing" rakende die basiese feite oor Jesus se lewe. Jo Ann H. Moran Cruz and Richard Gerberding, Medieval Worlds: An Introduction to European History Houghton Mifflin Company 2004, bl. 44–45. Baie min moderne geleerdes glo dat Jesus se bestaan bevraagteken kan word of 'n mite is,Voorbeelde van outeurs wat beweer dat Jesus 'n mite is, is: Thomas L. Thompson, The Messiah Myth: The Near Eastern Roots of Jesus and David (Jonathan Cape, Publisher, 2006); Michael Martin, The Case Against Christianity (Philadelphia: Temple University Press, 1991), 36–72; John Mackinnon Robertson. terwyl ander geleerdes op teenkanting teen hierdie bewerings fokus.Strobel, Lee. The Case for Christ: A Journalist's Personal Investigation of the Evidence for Jesus. Zondervan, 1998. ; Wright, N.T. The Challenge of Jesus: Rediscovering Who Jesus Was and Is. InterVarsity Press, 1999. ; Dunn, James D.G. The Evidence for Jesus." Westminster John Knox Press, 1985.
In Islam word Jesus (oor die algemeen getranslitereer as Isa) as een van God se mees geliefde en belangrikste profete beskou, asook 'n bringer van heilige skrifte, 'n wonderwerker en die Messias. Moslems deel egter nie die Christelike geloof in die kruisiging of die goddelikheid van Jesus nie, maar glo dat Jesus se kruisiging 'n goddelike illusie was en dat hy liggaamlik in die hemel opgeneem is. Uit die Koran: 4:157: "en omdat hulle sê: Ons het die Messias, Jesus, die seun van Maria, die boodskapper van Allah, omgebring ~ en hulle het hom nie gedood nie, en ook nie tot die dood toe gekruisig nie, maar dit het vir hulle gelyk asof dit so is. En hulle wat hieroor verskil, twyfel voorwaar daaraan. Hulle het geen kennis daaromtrent nie, maar volg slegs ’n vermoede, en hulle het hom beslis nie doodgemaak nie." Die meeste Moslems glo ook dat hy na die aarde sal terugkeer saam met die Mahdi, wanneer die aarde met sonde en onreg gevul word met die koms van Islam se Antichris-agtige Dajjal.
Chronologie duimnael|225px|'n Vroeë uitbeelding van Jesus as die Goeie Herder (4de eeu). Die fynste beskrywing van Jesus se geboorte kom uit die Evangelie volgens Matteus (wat waarskynlik tussen 65 en 90 n.C. geskryf is)Darrell L. Bock, Jesus According to Scripture, bl. 29–30, gee 'n c. 60–70 datum; L. Michael White, From Jesus to Christianity, bl. 244, gee c. 80–90. en die Evangelie volgens Lukas (wat waarskynlik tussen 65 en 100 n.C. geskryf is).Bock, ibid., bl. 38, gee c. 62–70; White, ibid., bl. 252, gee c. 90–100. Geleerdes bly debatteer oor die besonderhede van Jesus se geboorte en min beweer dat hulle die presiese jaar of datum van sy geboorte of dood ken.
Dit is moeilik om Jesus se geboorte te dateer, aangesien baie bronne uit die tydperk nou verlore is en meer as 1900 jaar verloop het sedert die Evangelies geskryf is. Die evangelies volgens Matteus en Lukas maak geen melding van Jesus se geboortedatum of -jaar nie.
In die Westerse Christendom word sy geboorte tradisioneel op 25 Desember as Kersfees gevier; die vieringsdatum kan tot in 330 nagetrek word, toe dit deur Romeinse Christene gevier is. Voor dit was Jesus se geboorte egter oor die algemeen op 6 Januarie gevier, as deel van die fees van teofanie (godsverskyning),Erwin Fahlbusch en Geoffrey William Bromiley, The Encyclopedia of Christianity. Grand Rapids, Mich.; Leiden, Netherlands: Wm. B. Eerdmans; Brill, 1999–2003, 1:454–55 ook bekend as die Driekoningefees, wat nie slegs Jesus se geboorte herdenk het nie, maar ook sy doop deur Johannes in die Jordaanrivier en moontlik ander gebeurtenisse in sy lewe.
Baie Oosterse Christene vier Kersfees op die 7de Januarie omdat hulle steeds die Juliaanse kalender gebruik, waarvolgens 25 Desember ooreenstem met 7 Januarie op die Gregoriaanse kalender, wat nou algemeen gebruik word. Sommige geleerdes wys daarop dat Lukas se beskrywing van skaapwagters en hulle aktiwiteite op 'n datum in die lente of somer aandui.Porterm J. R. Jesus Christ: The Jesus of History, the Christ of Faith. Oxford University Press, 1999. bl. 70
Ander geleerdes beweer dat die datum (25 Desember) gekies is omdat die Christene die kult van die onoorwonne son (Sol Invictus), wat vroeër hierdie datum as 'n feesdag gebruik het, wou teësit of absorbeer en dat Romeinse keisers in die 3de eeu hierdie datum as 'n Christelike feesdag bevorder het in pogings om 'n nuwe ryksgodsdiens te skep. Die pous, Benedictus XVI, het hierdie bewerings aangeveg en gesê dat 25 Desember verkry is deur slegs nege maande by 25 Maart te tel, die dag wat as Jesus se bevrugting gevier word (die Mariaboodskapfees).Joseph Cardinal Ratzinger (Benedict XVI), The Spirit of the Liturgy, vertaal deur John Saward (San Francisco: Ignatius Press, 2000), bl. 108; cf. bl. 100. Sien ook H. Rahner, Griechische Mythen in christlicher Deutung. Darmstadt, 1957. 'n Engelse vertaling is beskikbaar as Greek Myths and Christian Mystery, vertaal deur. Brian Battershaw (New York: Harper Row, 1963).
In die 247de jaar gedurende die Diokletianus-kalenderera (gebaseer op Diokletianus se styging na die Romeinse troon), het Dionusios Eksiguus probeer om die aantal jare sedert Jesus se geboorte vas te stel en 'n syfer van 753 jaar ná die stigting van Rome gekry. Dionusios het toe Jesus se geboorte as 25 Desember 1 v.C. aangeteken ("voor Christus") en die volgende jaar as 1 n.C. ("na Christus") aangewys en so die stelsel van jaarbeskrywing geskep. Dié stelsel is in die jaar 532 geskep en is amper twee eeue later aanvaar en die het gevestigde kalender van die Westerse wêreld geword.
Die Evangelies van Lukas en Matteus plaas Jesus se geboorte tydens die Heerskappy van Herodes. Lukas beskryf sy geboorte as tydens die Romeinse goewerneurskap van Sirenius onder Keiser Augustus en het ook die eerste sensus van die Romeinse provinsies van Sirië en Judea ingesluit.
Die eerste-eeuse Joodse geskiedkundige Flavius Josefus, plaas die goewerneurskap en die sensus in die jaar 6 n.C. (Lukas verwys ook hierna in Handelinge 5:37), lank na die dood van Herodes in 4 v.C.. Debatte rondom die saak vra of die bronne versoen kan word deur 'n vroeër goewerneurskap aan Sirenius in Sirië toe te ken en of 'n vroeë sensus moontlik plaasgevind het, en, indien nie, welke bron dan foutief is.Josephus, Antiquities 17.342–4
Die datum van Jesus se dood is ook nie duidelik nie. Die Evangelie van Johannes beskryf die kruisiging as direk voor die Pesach (die Joodse Paasfees) op Vrydag 14 Nisan, waar die sinoptiese evangelies (Matteus, Markus en Lukas) (behalwe Markus 14:2) Jesus se Laaste Avondmaal as die Pasgamaal van Vrydag 15 Nisan beskryf. Sommige geleerdes beweer egter dat die sinoptiese weergawe in harmonie is met die weergawe in Johannes.Sien Leon Morri], The Gospel According to John, Revised, bl. 284–295, vir 'n bespreking van verskeie alternatiewe teorieë met verwysings. Die Jode het verder 'n lunêr-solêre kalender gevolg, wat die fases van die maan as datums gebruik het en berekenings met 'n presiese datum in 'n sonkalender vermoeilik.
Lewe en leer, soos in die Evangelies Genealogie en familie duimnael|165px|Die Swart Madonna van Czestochowa: Jesus en Maria. Van die vier evangelies gee slegs Matteus en Lukas 'n beskrywing van Jesus se genealogie. Die weergawes in die twee evangelies verskil egter aansienlik en verskeie teorieë is voorgestel om die verskille te verduidelik.Joseph A. Fitzmyer, The Gospel According to Luke I-IX. Anchor Bible. Garden City: Doubleday, 1981, bl. 499–500; I. Howard Marshall, The Gospel of Luke (The New International Greek Testament Commentary). Grand Rapids: Eerdmans, 1978, bl. 158. Beide weergawes beskryf Jesus as 'n nakomeling van Koning Dawid en van Abraham. Hierdie lyste is identies tussen Abraham en Dawid, maar verskil tussen Dawid en Josef. Matteus begin met Salomo en noem al die konings van Judea tot die laaste koning, Jojagin. Ná Jojagin het die lyn konings geëindig toe die Babiloniërs Judea ingeneem het. Volgens Matteus is Jesus dus die wettige erfgenaam van die troon van Israel. Lukas se stamboom is langer as Matteus s'n en gaan terug tot by Adam en verskaf ook meer name tussen Dawid en Jesus.
Josef, Maria se man, verskyn in beskrywings van Jesus se kinderjare. Daar word egter geen melding van hom gemaak tydens die prediking van Jesus nie. Johannes se weergawe van Jesus se oorgawe van Maria aan die sorg van die "dissipel vir wie Jesus baie lief was" tydens sy kruising, dui daarop dat Josef teen die tyd reeds gesterf het.Johannes 19:25-27; Easton, Matthew Gallego, "Joseph (the foster father of Jesus Christ)", Christiananswers.net Laaste besoek op 14 April 2007.