Kiribati (Engels: [ˈkɪrɪbæs], ; Kiribaties: [kiɾibas]), amptelik die Republiek Kiribati (Engels: Republic of Kiribati, Kiribaties: Ribaberiki Kiribati), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië langs die ewenaar, wat vroeër as die Gilberteilande bekend gestaan het. Kiribati beslaan 'n oppervlakte van 811 km² en het in 2024 'n bevolking van 116 545 gehad. Kiribati is oos van Nauru en die Gefedereerde State van Mikronesië, suidoos van die Marshalleilande, suid van Hawaii, noordwes van Frans-Polinesië en noord van die Cookeilande, Tokelau en Tuvalu geleë. Kiritimati is ook deel van Kiribati. Die hoofstad en grootste stad is Suid-Tarawa.
duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Kiribati se Gilberteilande Die "Gilberteilande" is genoem na die skeepskaptein Thomas Gilbert wat in 1788 saam met die skeepskaptein John Marshall, na wie die Marshalleilande genoem is, Kiribati en die Marshalleilande vir Europa ontdek het. Op 12 Julie 1979 het Kiribati onafhanklik van die Verenigde Koninkryk geword. Kiribati is 'n parlementêre republiek binne die Britse Statebond.
Kiribati se eilande is weerskante die ewenaar en die 180ste meridiaan geleë, waarvolgens Kiribati die enigste land op aarde is wat oor al vier die hemisfere strek: die Noordelike, Suidelike, Westelike en Oostelike halfrondes. Die Internasionale datumgrens gaan rondom Kiribati en swaai ver na die ooste waar dit amper 150°W bereik. Gevolglik is Kiribati se mees oostelike eilande, die suidelike Line-eilande suid van Hawaii, in dieselfde dag as die Gilbert-eilande, waarmee dit in die mees gevorderde tydsone op aarde is, naamlik UTC+14. Daarmee is Kiribati een van die eerste bewoonde gebiede om die nuwejaar te vier.
Kiribati word ernstig deur klimaatverandering bedreig. Volgens die Wêreldbank se raming sal dié eilandstaat teen 2050 nie meer bewoonbaar wees nie en teen 2070 oorwegend oorstroom wees.
Geografie duimnael|links|Kaart van Kiribati Kiribati bestaan uit 32 atolle in drie argipels en die eiland Banaba.
100px|Kaart Gilberteilande 16 atolle282 km² 100px|Kaart Phoenixeilande 8 atolle27,7 km² 100px|Kaart Line-eilande 8 van altesaam 11 atolle495 km²
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Kiribatiese parlement
Kategorie:Britse Statebond
Kategorie:Voormalige Britse kolonies