John Maxwell Coetzee (gebore 9 Februarie 1940) is 'n Suid-Afrikaansgebore skrywer. Hy word as die mees bekroonde lewende skrywer in die Engelssprekende wêreld beskou.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hy is die eerste skrywer aan wie die Bookerprys twee keer toegeken is en in 2003 ontvang hy die Nobelprys vir Letterkunde.

Lewensloop John Maxwell Coetzee is op 9 Februarie 1940 in Kaapstad gebore. Hy het aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer, en in wiskunde en Engels gekwalifiseer.

In die vroeë 1960's het hy in Engeland gewoon, waar hy onder andere as rekenaarprogrameerder gewerk het. Hy het hieroor in Youth (2002) geskryf. Hy het daarna in die VSA gestudeer, en as dosent in Engels en literatuur daar gewerk. In 1971 het hy teruggekeer na Suid-Afrika, en in 1984 word hy aangestel as professor aan die Universiteit van Kaapstad.

Hy was die eerste skrywer wat twee keer die Booker-prys gewen het, vir Life & Times of Michael K in 1983, en Disgrace in 1999.

In 2003 is die Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken, die vierde persoon van Afrika, en tweede van Suid-Afrika wat die prys verwerf (die ander was Nadine Gordimer).

Coetzee is op 14 Junie 2010 in Amsterdam benoem tot Ridder in de Orde van de Nederlandse Leeuw, die oudste en hoogste Nederlandse siviele orde. Tydens die seremonie is hy geprys vir sy rol as verbindingsoffisier tussen die Suid-Afrikaanse en Nederlandse kulture.J.M. Coetzee word Nederlandse ridder , Nuus24, besoek op 16 Mei 2010.

Hy woon sedert 2002 in Adelaide, Australië, waar hy burgerskap ontvang het. ’n Biografie oor hóm deur J.C. Kannemeyer, J.M. Coetzee – ’n geskryfde lewe, het in 2012 verskyn.

Romans, bibliografiese skrywes en essays

Dusklands (1974) In the Heart of the Country (1977) Waiting for the Barbarians (1980) Life & Times of Michael K (1983; Bookerprys) Foe (1986) White Writing: On the Culture of Letters in South Africa (1988) Boyhood: Scenes from Provincial Life (1998) Age of Iron (1990) The Master of Petersburg (1994) Giving Offense: Essays on Censorship (1997) Disgrace (1999; Bookerprys) The Lives of Animals (1999) Youth: Scenes from Provincial Life II (2002) Stranger Shores: Literary Essays, 1986–1999 (September 2002) Elizabeth Costello (2003) Slow Man (2005) Diary of a Bad Year (2005) Inner Workings: Literary Essays, 2000–2005 (2007) Summertime (2009) Scenes from Provincial Life (2011) ISBN 1-84655-485-3. 'n Geredigeerde een-volume-werk van Boyhood: Scenes from Provincial Life, Youth: Scenes from Provincial Life II en Summertime. Here and Now: Letters, 2008–2011 (2013) , 'n versameling briewe wat Coetzee met Paul Auster verwissel het The Childhood of Jesus (2013) The Schooldays of Jesus (2016) Late Essays: 2006-2017 (Londen: Harvill Secker, 2017) The Death of Jesus (2019) The Pole and Other Stories (2023), ; opmerking: uitgegee in die Verenigde State as The Pole (2023)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Australiese skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse vertalers Kategorie:Suid-Afrikaanse Nobelpryswenners Kategorie:Nobelprys vir Letterkunde wenners Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Taalkundiges Kategorie:Alumni van die Universiteit Kaapstad