Johannesburg (Xhosa: eGoli, Zoeloe: iGoli, letterlik: "Plek van Goud") is die vernaamste sake- en bevolkingsentrum van Suid-Afrika met 'n oppervlakte van 1 645 vierkante kilometer en 'n bevolking van 4 434 827 in die metropolitaanse gebied volgens die sensus van 2011. Die huidige Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit is 'n polisentriese metropool wat sowat vyfhonderd voorstede en dorpsgebiede insluit – naas die vroeëre stadsgebied ook voorheen onafhanklike munisipaliteite soos Midrand, Sandton en Randburg. Soweto is tans die grootste voorstad en ook die mees uitgestrekte historiese swart woonbuurt.

duimnael|links|'n Donderstorm bars op 'n warm somerdag uit oor die Goudstad. Ses miljoen bome maak van Johannesburg buite die middestad 'n groen metropool duimnael|links|Die middestad van Johannesburg, soos gesien vanaf die Carlton-sentrum. As gevolg van die "Wit vlug", die verskuiwing van "blanke" besighede na die noordelike voorstede, het die Goudstad se sakekern reeds vanaf die 1980's 'n ingrypende transformasie ondergaan duimnael|links|Die luukse woonsteltoring Michelangelo in die noordelike voorstad Sandton Johannesburg is nie een van Suid-Afrika se drie hoofstede nie (net Pretoria, Kaapstad en Bloemfontein het besondere status as respektiewelik die regeringshoofstad, parlementsetel en geregtelike hoofstad), maar dit vervul nogtans 'n belangrike administratiewe en geregtelike funksie as die hoofstad van die Gautengprovinsie en setel van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika.

Johannesburg is ook die sentrum van 'n verstedelikte gebied met meer as 8 miljoen inwoners wat van Pretoria in die noorde tot by Vereeniging in die suide strek. Die stad is die derde grootste in Afrika na Kaïro en Lagos, en die enigste in Afrika wat as 'n wêreldstad of global city beskou word, 'n ekonomiese masjienkamer wat die hele Suider-Afrika met die wêreldekonomie verbind – onder meer danksy die plaaslike hoofkantore van mynboureuse en die Johannesburgse Effektebeurs (JEB of JSE) wat op wêreldvlak mededingend is. Bundeszentrale für politische Bildung – Dossier Afrika: Großstädte Afrikas – Kairo, Lagos und Johannesburg Met SABMiller en Anglo-American het daarnaas twee multinasionale ondernemings hul oorsprong in die Goudstad.

Johannesburg is net een van ongetelde delwerstede wat êrens op aarde op 'n spesifieke oomblik in die geskiedenis byna oornag ontstaan het. Maar terwyl die meeste van hulle ná 'n relatief kort tydperk as verlate spookdorpe geëindig het sodra hul goudvoorrade uitgeput was, is Johannesburg as Suid-Afrika se laat-Victoriaanse kits- en wonderstad op 'n oorspronklik byna verlate en windverwaaide plato van die Transvaalse Hoëveld tydens die grootste goudstormloop ooit gestig om te bly en 'n meteoriese ekonomiese opgang te beleef nadat Europa se leidende bankhuise die diepvlakmynontwikkeling van die Randse goudmyne begin finansier het.

Ander dinge was en is tydelik. So het Johannesburg, wat sy boukuns betref, nooit na die verlede teruggekyk nie. As een van die snelgroeiendste metropole ter wêreld het Johannesburg dus ook nie geskroom om weg te doen met sy historiese erfenis nie. Historiese geboue moes plek maak vir nuwe wolkekrabbers, terwyl die implementering van die beleid van aparte ontwikkeling vir etniese groepe die sloping van hele woonbuurte soos Sophiatown beteken het.

Vandag is Johannesburg 'n smeltkroes van tale en kulture wat steeds nuwe aankomelinge van dwarsoor Afrika lok. Die stad, wat nege persent van die vasteland van Afrika se bruto geografiese produk oplewer, verseker vir sy inwoners 'n lewenstandaard bo die gemiddelde van Afrika. Sy stadsuitleg met funksionele buurte soos 'n sentrale en noordelike sakedistrik en honderde residensiële voorstede, wat 'n groot verskeidenheid sosio-ekonomiese omgewings en ontwikkelingsvlakke verteenwoordig, sy moderne boukuns en 'n netwerk van snelweë toon baie ooreenkomste met dié van Amerikaanse metropole. Williams, Lizzie: Johannesburg – the Bradt City Guide. Chalfont St Peter: Bradt Travel Guides 2007, bl. VII

Net soos in New York Stad, een van Johannesburg se tweelingstede, het 'n wye kloof tussen arm en ryk en ander sosiale vraagstukke ook neerslag gevind in hoë misdaadsyfers. Johannesburg is saam met ander Derdewêreldmetropole soos Rio de Janeiro as een van die gevaarlikste stede ter wêreld gereken. Godwin, Peter: Stadt der Hoffnung – Stadt der Angst. In: National Geographic Deutschland, April 2004, bl. 134 Volgens 'n 2018-studie deur Mercer oor die lewenskwaliteit in 231 stede regoor die wêreld het Johannesburg die 95ste plek verwerf, die derde beste in Suid-Afrika net na Durban en Kaapstad.

Etimologie duimnael|Die historiese Johannesburgse Poskantoor in Rissikstraat, 1897 Die oorsprong van Johannesburg se naam is tot vandag toe omstrede. 'n Aantal mense met die naam "Johannes" was tydens die vroeë geskiedenis van die stad betrokke. Van hulle was die hoofklerk verbonde by die kantoor van die landmeter-generaal Hendrik Dercksen, Christiaan Johannes Joubert, 'n lid van die Volksraad en die republiek se mynbouhoof. 'n Ander was Stephanus Johannes Paulus Kruger (bekend as Paul Kruger), president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) tussen 1883 en 1900. Johannes Meyer, eerste regeringsamptenaar in die omgewing, is 'n ander moontlike naamgewer.

Presiese optekeninge vir die naamkeuse het verlore gegaan. Johannes Rissik en Johannes Joubert was lede van 'n afvaardiging wat na Engeland gestuur is om om mynregte vir die gebied te verkry. Ná Joubert is 'n park in die stad en ná Rissik is een van die hoofstrate genoem waar die histories belangrike maar nou vervalle Rissikstraat Poskantoor geleë is. Die Stadsaal is ook in Rissikstraat geleë.

Geografie en klimaat Geografie duimnael|links|Johannesburg se ligging in Gauteng duimnael|'n Interval-opname van 'n donderstorm oor die Goudstad duimnael|Sonop in die Goudstad duimnael|links|Johannesburg soos gesien van die Internasionale Ruimtestasie (ISS) duimnael|Die binnestad van Johannesburg soos vanaf die Carlton-sentrum gesien duimnael|Sandton se stadshorison Johannesburg lê in die oostelike deel van die Hoëveldplato, die sentrale plato van Suid-Afrika wat deur uitgestrekte glasvlaktes gekenmerk word, en teen die suidelike uitlopers van die Witwatersrand, 'n lae rotsige bergreeks wat deur die provinsie Gauteng loop en die waterskeiding tussen die Atlantiese en die Indiese Oseaan vorm.

Johannesburg strek van Orange Farm in die suide tot by Midrand in die noorde en grens aan twee ander metropolitaanse gebiede – Pretoria (Tshwane) in die noorde en Ekurhuleni in die ooste. Met 'n oppervlakte van 1 645 km² het Johannesburg se metrogebied uitgebrei nes dié van ander groot westerse metropole soos Sydney, Londen, New York Stad en Los Angeles.

Johannesburg is op 'n gemiddelde hoogte van 1 753 meter bo seevlak geleë – met die laagste punt op 1 740 en die hoogste punt op 1 810 meter. Dit is naas Meksikostad en Phoenix in Arizona (Verenigde State) een van min metropole wat nóg aan die see nóg teen 'n rivier of ander water lê. Kunsmatige bebossing – meer as tien miljoen bome is in die grasveldlandskap van Johannesburg geplant – maak van Suid-Afrika se ekonomiese spilpunt een van die groenste metropole op aarde. About Johannesburg. Besoek op 6 Januarie 2019

Klimaat Johannesburg het 'n subtropiese hooglandklimaat met 'n gemiddelde maksimumtemperatuur van 26 °C in Januarie en 16 °C in Junie. Die stad beleef 'n gemiddeld van agt sonskynure per dag dwarsdeur die jaar. Wintertemperature kan tot vriespunt daal, alhoewel daar gewoonlik byna geen sneeuval is nie – die stad lê in 'n somerreënstreek waar die meeste neerslae in die somermaande val, dikwels op laat namiddae tydens hewige elektriese storms. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 713 millimeter, met 'n groot jaarlikse variasie. So ervaar die gebied ook droogteperiodes met langdurige gebrek aan neerslae.

Sneeuvlokkies het wél in die winters van 1981 en 2006 geval. Verder terug in die verlede het swaar sneeuneerslae, wat met 'n sterk en koue suidewind gepaard gegaan het, op 10 en 11 September 1936 op die Transvaalse Hoëveld voorgekom. Op 11 September van dié jaar het dit die hele dag in Johannesburg gesneeu. Dit het met 'n stormwind begin. Beeld, 29 Mei 1992 Die Goudstad is daarnaas, net soos ander plekke op die hoëveld, verskeie kere deur tornado's getref – soos ook in Oktober 1905, Oktober 1929 en Januarie 1951.

Die Transvaalse Hoëveld is egter ook sonder tornado's 'n gunstelingplek vir stormjagters – met gereelde donderstorms in die somermaande en indrukwekkende weerligstrale wat die nagtelike hemel oor Johannesburg verskeur. Donderstorms gaan gepaard met kort, maar hewige reënbuie, sterk winde en rollende donker wolke. Hoëveldse donderstorms. Besoek op 16 Maart 2016

Lugbesoedeling bly 'n knelpunt, veral gedurende die wintermaande wanneer die weswaartse vloei van lugmassas vanuit die Indiese Oseaan deur termiese inversies belemmer word. Naas motoruitlaatgasse dra die gebruik van steenkool vir kookdoeleindes en verhitting tot die hoë lugbesoedelingsvlakke by wat veral in swart woonbuurte meetbaar is.

Visies op Johannesburg Die stad as ruimtelike verwesenliking van afsonderlike ontwikkeling duimnael|links|Die geskiedenis van Johannesburg verskil merkbaar van die tradisioneel-historiese model van Europese stadsontwikkeling – dit het oorspronklik nóg by die kruispunt van belangrike handelsroetes nóg by 'n groot rivier of aan 'n seekus ontstaan nie duimnael|Wetenskaplike studies oor Johannesburg verskil van mekaar – moet slegs die beleid van rasseskeiding en groepsgebiede daarop geprojekteer word, of was die Goudstad van begin af Suid-Afrika se enjinkamer van nuwe tegnologieë en leefstyle, die brug tot die Noorde? duimnael|Die Art Deco-wolkekrabber Manners Mansions op die hoek van Jeppe en Joubertstraat (voltooi in 1939) getuig van Johannesburg se gesofistikeerde stedelike leefstyl van die 1930's, met Amerikaanse invloede wat in die "Manhattan van die Veld" nie beperk gebly het tot die boustyl nie duimnael|links|'n Straattoneel in Hillbrow. Dié stadsbuurt, vroeër die mees digbevolkte in die Britse Gemenebes, was 'n kosmopolitaanse laboratorium vir 'n nuwe Suid-Afrika Die meeste wetenskaplike studies oor die Goudstad het Johannesburg beperk hulle tot die ruimtelike verwesenliking van ongelyke ekonomiese verhoudinge en stadsbeplanning binne die raamwerk van die beleid van afsonderlike ontwikkeling. So is die skrywers van die meeste monografieë oor Johannesburg ná apartheid behep met die groei, val en heropbou van 'n etnies gesegregeerde stad. Nuttal, Sarah en Mbembe, Achille (reds.): Johannesburg – The Elusive Metropolis. Durham and London: Duke University Press 2008, bl. 10; 14–15; 19 Hulle dokumenteer en periodiseer die geskiedenis en ontwikkeling van munisipale administrasie, verstedelikingspatrone en stedelike groei vanaf die koloniale tydperk tot hede, verduidelik die oorspronge en konsolidasie van etnies verdeelde woonbuurte of "groepsgebiede" en beskryf hoe die owerheid rasgebaseerde bevoorregting onder voorwendsel van openbare gesondheid asook wetgewing aangaande stadsbeplanning en behuising vir een groep beding en ander daarvan uitgesluit het.

Stad van klassestryd