Irak (Arabies: ٱلْعِرَاق, al-ʿIrāq, [lʕi.raːq]; Koerdies: عێراق, Êraq, [ʕe̞ː.ɾaːq]), amptelik die Republiek Irak (Arabies: جُمْهُورِيَّة ٱلْعِرَاق, Jumhūriyyat al-ʿIrāq, ; Koerdies: کۆماری عێراق, Komarî Êraq), is 'n land in die Midde-Ooste en Suidwes-Asië. Irak grens aan Turkye in die noorde, Iran in die ooste, Koeweit in die suidooste, Saoedi-Arabië in die suidweste, en beide Sirië en Jordanië in die weste. Irak het ook 'n baie nou kuslyn aan die Persiese Golf wat strek tussen Iran in die ooste en Koeweit in die suide.
duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Irak duimnael|links|Kaart van Irak duimnael|links|Topografiese kaart van Irak Irak, vroeër bekend as Mesopotamië, het 'n bloeddorstige geskiedenis met gewelddadige oorloë teen Persië (nou Iran) en die Ottomaanse Ryk (nou Turkye). Irak, onder die bewind van die voormalige president Saddam Hoesein, was ook betrokke in drie van die grootste oorloë in die laaste helfte van die 20ste eeu, die Iran-Irakse Oorlog (1980–1988), die Golfoorlog (1991) en die Irakse Oorlog (2003), onderskeidelik ook as die Eerste, die Tweede en die Derde Golfoorlog bekend.
Geskiedenis Irak lê in die gebied wat voorheen deel was van Mesopotamië ("Land van Twee Riviere", uit Grieks, weens sy ligging tussen die Eufraat- en Tigrisriviere), ook bekend as die wieg van die beskawing. Omstreeks 4 000 v.C. het die Sumeriese kultuur hier ontstaan en is die eerste skrif, die spykerskrif, ontwerp.
In 2340 v.C. het die Akkadiese militêre leier Sargon die gebied verower.
Onlangs Irak het Koeweit op 2 Augustus 1990 eensydig ingeval en dit het gelei tot Operasie "Desert Storm" op 17 Januarie 1991 toe die Verenigde State en 28 ander lande Irak aangeval het met die seën van Verenigde Nasies-resolusie 678. Ongeveer 140 miljoen ton ammunisie is gebruik teen Irak, gelyk aan 7 Hirosjima-atoombomme. 'n Skietstaking is op 28 Februarie 1991 deur die Verenigde State aangekondig. Opstandigheid is deur die regering van Hoesein onderdruk.
Politiek Saddam Hoesein se Ba'ath-party het die land van 1968 tot 2003 met 'n ystervuis regeer. Hoesein het in 1979 as president van Irak aan bewind gekom toe generaal Ahmed Bakr deur middel van 'n staatsgreep afgesit is. Onder Hoesein se outokratiese bewind het Irak drie oorloë gevoer, die Iran-Irakse Oorlog, die Golfoorlog en die Irakse Oorlog.
Onder die bewind van die Ba'ath-party is die Soenni-gemeenskappe deur Hoesein se regering bevorder omdat hy deel van dié gemeenskap was. Die Sjiiete en Koerde het baie swaar gekry onder die regering, wat duisende van hulle uitgemoor het, veral omdat hulle 'n beweerde bedreiging vir die Ba'ath-regering was. Die regering se gewelddadige beleide het selfs veroorsaak dat die Sjiiete en Koerde die pro-Sjiïtiese Iran in die oorlog ondersteun het.
Provinsies duimnael|links|Kaart van Irak se 18 provinsies Irak bestaan uit 18 provinsies: 1. Bagdad 2. Salah ad Din 3. Diyala 4. Wasit 5. Maysan 6. Al Basrah 7. Dhi Qar 8. Al Muthanna 9. Al Qadisyah10. Babil 11. Karbala 12. An Najaf 13. Al Anbar 14. Ninawa 15. Dhok 16. Arbil 17. At Ta'mim 18. As Sulaymaniyah
Geografie duimnael|links|Die Sharpark in Arbil (Irakse Koerdistan) is in 2010 opgeknap Die grootste dele van Irak is woestyn, alhoewel die gebied tussen die twee riviere uit uiters vrugbare grond bestaan. Die noord- en noordoostelike dele van die land bestaan hoofsaaklik uit bergreekse, terwyl die suidelike dele moerasagtige grond is. Die moerasse is egter deur Hoesein se regering gedreineer uit weerwraak teen die gebied se inwoners vir hul ondersteuning aan die Amerikaners na die Eerste Golfoorlog.
Ekonomie Irak het die vyfde grootste bekende ruoliereserwes ter wêreld. http://www.eia.gov/cfapps/ipdbproject/IEDIndex3.cfm?tid=5&pid=57&aid=6 http://www.opec.org/opec_web/en/data_graphs/330.htm
Demografie Ongeveer 4 miljoen Irakiërs woon in die buiteland. Hulle bestaan hoofsaaklik uit Koerde en Sjiiete wat weens politieke onderdrukking uit Irak gevlug het. Binne Irak bestaan ongeveer 90% van die bevolking uit Arabiere. Die res bestaan hoofsaaklik uit Koerde (10%), Asiate (Assiriërs) en Turke.
Ongeveer 97% van die bevolking is Moslems (Sjiiete 64% en Soenniete 31%), 3% Gnostisisme/Jesiede en sowat 1% is Christene.
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Irakse presidentskap Amptelike webwerf van die Irakse kabinet
Kategorie:Voormalige Britse kolonies Kategorie:Arabiese wêreld