Alpha Scuti (afgekort as α Sct) is ’n oranje ster in die suidelike sterrebeeld Skild (Scutum). Dit was oorspronklik deel van die Arend-sterrebeeld met die naam 1 Aquilae. Met ’n skynbare magnitude van 3,83 is dit dofweg met die blote oog sigbaar. Volgens parallaksmetings is dit sowat 199 ligjare van die Son af en beweeg dit weg teen ’n radiale snelheid van 36,5 km/s.
Sy sterreklassifikasie is K3 III, wat beteken dit is ’n K-tipe geëvolueerde reusester. Alpha Scuti is vermoedelik ’n veranderlike ster met ’n magnitudewisseling van 3,81 tot 3,87. Die ster se massa is sowat 1,33 keer dié van die Son, maar dit het uitgesit tot ’n radius van 20 keer die Son s'n. Sy ligsterkte is 186 keer die Son s'n teen ’n effektiewe temperatuur van 4 315 K.
Verwysings
Eksterne skakels EAAS: Scutum
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:K-tipe reusesterre Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Skild (sterrebeeld)