Stan Schmidt (6 Oktober 1936 tot 7 Oktober 2019) was 'n Suid-Afrikaanse karateka en akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Karate Killer (1976), Kill and Kill Again (1981), en Torn Allegiance (1984).

Schmidt was 'n Suid-Afrikaanse meester van Shotokan karate. Saam met ander, soos Norman Robinson, was hy 'n vroeë beoefenaar van Shotokan karate in Suid-Afrika en sy stigting van die Suid-Afrikaanse tak van die Japan Karate Association (JKA) in 1965 na opleiding in Japan, tesame met sy daaropvolgende bevordering van die kuns in Suid-Afrika, het hom die benaming The Father of South African Karate besorg.Shotokan Karate Magazine, Issue 42, Januarie 1995 In 1963 was hy een van die eerste westerlinge wat na die JKA se beroemde Instrukteursklas in die Tokyo Honbu-dojo genooi is en hy was later een van vier nie-Japannese karateka's wat op die JKA se internasionale Shihankai gesit het. Hy was ook die eerste nie-Japannese karateka wat 7de dan van die JKA behaal het en ook die eerste wat 8ste dan behaal het. Vandag is hy die hoogste rangorde nie-Japannese karatemeester van daardie organisasie.Robin L. Rielly, Karate Basics, Tuttle Publishing, 20 Dec 2011Black Belt, Dec 1984, bl 94, Vol. 22, No. 12, ISSN 0277-3066 Hy is ook bekend vir sy byspeler rolle in verskeie gevegskunsfilms van die 1970's en 1980's.

Filmografie Rolprente 1976: Karate Killer 1981: Kill and Kill Again 1984: Torn Allegiance

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Sterftes in 2019 Kategorie:Vegkuns Kategorie:Alumni van die Universiteit van Suid-Afrika