Guardia Piemontese (La Gàrdia in Oksitaans) is 'n nedersetting in die provinsie Cosenza van die administratiewe Italiaanse streek Kalabrië met 'n bevolking van 1 928 soos op 30 November 2018.
Die dorp is in die 12de eeu deur godsdienstige Waldense-vlugtelinge uit Bobbio Pellice in Piëmont gevestig en het in die verlede ook as Guardia Lombarda bekendgestaan. Met tans sowat 300 aktiewe sprekers vorm Guardia Piemontese 'n klein Oksitaanse taaleiland in die suide van Italië.minet-tv.com: Occitan in Italy - the small village of Guardia Piemontese. Besoek op 10 Junie 2019
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Italië