Die Oemajjad-kalifaat (661–750 CE; VK: , VSA Engels: "Umayyad" (US) and ) was die tweede van die vier hoof-kalifate wat gestig was na die dood van Mohammed. Die kalifaat was regeer deur die Oemajjad dinastie (Arabies: اَلأُمَوِيُّون), al-ʾUmawiyyūn, of , Banū ʾUmayya, "Seuns van Umayya"), afkomstig van Mekka. Die derde kalief, Uthman ibn Affan (r. 644–656), was 'n lid van die Oemmajad dinastie. Die familie het 'n dinastiese, oorerflike uitoefening van beheer met Mu'awijah I (Muawija ibn Abi Sufyan), die goewerneur van al-Sham (Sirië), wat die sesde kalief na die einde van die Eerste Fitna of Eerste Moslem Burgeroorlog in 661 sou word, gevestig. Na Mu'awijah se dood in 680 het konflikte oor die opeenvolging in die Tweede Fitna (Tweede Burgeroorlog) ontaard en mag het uiteindelik in die hande van Marwan I beland, welke van 'n ander tak van die dinastie was. Sirië het daarna die Oemajjad-dinastie se hoof magsbasis gebly, met Damaskus as hoofstad.
Die Oemajjad het voortgegaan met die Moslem verowerings, en het Transoksiana, Sindh, die Maghreb en die Iberiese Skiereiland (Al-Andalus) geïnkorporeer in die moslem wêreld. Op sy grootste het die Oemajjad Kalifaat 11,100,000 km2 (4,300,000 vierkante myl) gedek, wat sowat 33 miljoen mense ingesluit het, wat dit in terme van beide totale area en bevolking een van die grootste ryke in die geskiedenis gemaak het. Die dinastie was uiteindelik in 1750 omvergewerp deur 'n rebellie wat gelei is deur die Abbasied-dinastie. Oorlewendes van die dinastie het hulself in Cordoba in die vorm van 'n Emiraat gevestig en toe 'n Kalifaat, wat tot 1031 sou bly voortbestaan.
Die Oemajjad Kaliefs was as te sekulêr deur sommige van hul moslem onderdane beskou. Christene, wat steeds 'n meerderheid van die Kalifaat se bevolking uitgemaak het, asook Jode, was toegelaat om hul godsdienste te beoefen maar moes 'n hoof-belasting (die jizya) betaal waarvan moslems vrygeskeld was.H.U. Rahman , A Chronology Of Islamic History 570-1000 CE (1999), bl. 128. Daar was egter die Moslem-eksklusiewe zakat belasting, wat eksplisiet geoormerk was vir verskeie Islamitiese sosiale welsynsprogramme.
Mu'awija se vrou, Maysun bint Bahdal'', (Yazid I se moeder) was ook 'n Christen. Verhoudinge tussen die Kalifaat se Moslem en Christen onderdane was in hierdie tydperk stabiel. Die Oemajjads was betrokke in gereelde gevegte met die Christelike Bisantyne sonder om hulself in Sirië te wil verdedig, wat grotendeels Christelik gebly het soos baie ander dele van die ryk. Prominente poste was deur Christene gehou, en sommige het behoort aan families wat selfs in Bisantynse regerings gedien het. Die indiensneming van Christene was deel van 'n breër strategie van godsdienstige verdraagsaamheid en akkommodasie wat noodsaaklik gemaak was deur die teenwoordigheid van groot Christelike bevolkings in die verowerde provinsies, soos bv. in Sirië. Hierdie beleid het aan Mu'awija se gewildheid 'n hupstoot gegee en het Sirië as sy magsbasis versterk.
Verwysings