Mette Frederiksen (gebore op 19 November 1977) is 'n Deense politikus wat sedert 2015 as die leier van die Sosiaal Demokratiese Party van Denemarke dien. Sy is sedert die 2001 Deense algemene verkiesing 'n lid van die Folketing vir die Kopenhagen-kiesafdeling, en het onder die voormalige Eerste minister Helle Thorning-Schmidt as Minister van Arbeid vanaf 2011 tot 2014 gedien, en as Minister van Justisie vanaf 2014, totdat sy vir Thorning-Schmidt as partyleier opgevolg het.

Na die 2019 Deense algemene verkiesing - waarin die "rooi blok"-opposisie van linkse en sentrum-linkse partye (Sosiaal Demokratiese Party [Denemarke], Deense Sosiale Liberale Party, Sosialistiese Party vir die Mense [Denemarke], Rooi-Groen Alliansie [Denemarke], die Faroe-eilande Sosiaal Demokratiese Party (Faroe-eilande) en Groenland se Inuit Ataqatigiit en Siumut) 'n absolute meerderheid gewen het van 94 uit 179 setels in die Folketing - was sy aangesê deur Koningin Margrethe II om samesprekings te lei om 'n nuwe regering te vorm. Sou Frederiksen in die verband suksesvol wees, sal sy op die ouderdom van slegs 41 jaar die jongste eerste minister in Deense geskiedenis word, sowel as die tweede vrou in die rol na haar mede Sosiale-Demokraat Helle Thorning-Schmidt.

Sy het onlangs die Amerikaanse president Donald Trump se idee om Groenland by Denemarke te koop as "absurd" afgemaak, wat 'n diplomatiese geskil ontketen het.https://www.foxnews.com/politics/trump-cancels-visit-denmark-pm-greenland. Besoek op 21/08/2019.https://www.oann.com/president-trump-reschedules-trip-to-denmark/ . Besoek op 21/08/2019

Verwysings

Notas

Kategorie:Deense politici Kategorie:Ministers van Arbeid Kategorie:Ministers van Justisie Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Lewende mense