Kosakeln ("Kosak") is 'n relatief onlangse twee-handige kaartspel van die Oostenrykse tak van die Tarotkaarte-familie. Dit is 'n twee-handige spel van geïllustreerde Tarotkaarte; wat opsigself 'n uitgebreide en uitdagende variasie van Tapp Tarock is.
Geskiedenis en etimologie Kosakeln is een van 'n familie klassieke Oostenrykse kaart-speletjies bekend as Tarotkaarte, en soveel so, dat die gebied van die voormalige Oostenryk-Hongarye, in welke gebied die kaartspel 'n hoë aanhang geniet, al beskryf is as 'Tarockania'. Die kaartspeletjies het al verskyn in literatuur soos Fritz von Herzmanovsky-Orlando se Maskenspiel der Genien en Johann Nestroy se Zu ebener Erde und im ersten Stock. Daar bestaan verskeie variasies van Tarot, waarvan baie vandag nog gespeel word, insluitende die uitdagende vierspelerspel Königrufen (die "spel van konings"), Zwanzigerrufen en Neunzehnerrufen, die oorspronklike driehandige spel van Tapp Tarot en sy variante Geïllustreerde-tarot en Punt-tarot, en die "aantreklike" tweehandige spel Strooiman Tarot.Kastner, Hugo (2005). "König- oder Zwanz'ger-rufen? Nein, Strohmandeln!" in Kartenspiele, bl. 38.
Die reëls van die twee-handige spel Kosakeln beskik oor duidelike ooreenkomste met die van die "koningin van alle Tarot-speletjies wat gespeel word met die 54-kaart pakkie", naamlik geïllustreerde-tarot. (somtyds Punt-tarot genoem alhoewel dit ook mag verwys na 'n ander spel) Dummett bevestig ook dat dit 'n aanpassing is van daardie spel vir twee spelers. Geïllustreerde Tarot het in die 1950's in die literatuur begin verskyn, met Kosakeln wat die eerste keer in 1956 deur Löw beskryf is as Kosaken, wat kort daarna in 1961 nagevolg is deur Beck. Die spel het ook meer onlangs voorgekom in BambergerBamberger|2011|bls=28–34 en Burgstaller.Burgstaller|2017|bls=98–112 Aangesien Kosak Duits is vir "Kosak" (soos Afrikaans) , beteken die naam Kosakeln "die spel van die Kosak".sfn|Worsch|bl=624|2004 Indien twee Oostenrykers derhalwe noem dat hulle "Kosak speel" is hulle waarskynlik besig om die Tarotkaart-spel Kosakeln te geniet, wat beteken dat die spel dalk oorspronklik van Oos-Europa kom, waar Tarotkaart-speletjies baie gewild is.
Verwysings
Bronne Bamberger, Johannes (2011). Tarock: die schönsten Varianten, Perlen-Reihe Vol. 640, 22ste uitgawe, Verlag Perlen-Reihe, Wene. Beck, Fritz (1961). Tarock komplett, 3rde uitgawe. Perlan-Reihe Vol. 640. Perlan-Reihe, Wene. Beck, Fritz (1983). Tarock komplett, 12de uitgawe. Perlan-Reihe Vol. 640. Perlan-Reihe, Wene. Burgstaller, Thomas (2017). Tarock zu Zweit. myMorawa, Oostenryk. Dummett, Michael (1980). The Game of Tarot. Duckworth, Londen. Löw, Hans (1954). 20 Kartenspiele, 2de uitg. Pechan; Wene. Löw, Hans (1956). Tarock komplett, 2de uitg. Pechan; Wene. Mayr, Wolfgang and Robert Sedlaczek (2008). Die Strategie des Tarock Spiels, Atelier, Wene. Ulmann, S. (1890). Das Buch der Familienspiele. A. Hartleben, Wene, München en Pest. Worsch, Wolfgang (2004). Langenscheidt Muret-Sanders Großwörterbuch Deutsch-Englisch. Langenscheidt, Berlyn.
Notas
Kategorie:Kaartspeletjies