Alpha Circini (afgekort as α Cir) is ’n veranderlike ster in die dowwe suidelike sirkumpolêre sterrebeeld Passer (Circinus). Met ’n skynbare magnitude van 3,19 is dit die helderste ster in die sterrebeeld en kan dit geredelik met die blote oog gesien word. Dit is sowat 54 ligjare van die Son af.

Eienskappe Die ster behoort tot ’n klas sterre wat kortperiode-Ap-veranderlikes genoem word. Sy helderheid wissel in veelvoudige, nieradiale pulssiklusse en ’n dominante siklus van 6,8 minute. Sy spektrum toon besonderse eienskappe wat veroorsaak word deur die chemiese stratifikasie van sy buitenste atmosfeer. Dit het ’n matige gebrek aan koolstof, stikstof en suurstof, terwyl dit ’n oorvloed chroom het. Die sterreklassifikasie A7 Vp SrCrEu dui aan dit is ’n hoofreeksster met verhoogde vlakke van stronsium, chroom en europium in sy atmosfeer (in vergelyking met ’n tipiese ster soos die Son).

Alpha Circini se massa is sowat 150% tot 170% van die Son s’n en sy radius is twee sonradiusse, terwyl sy ligsterkte meer as 10 keer dié van die Son is. Die oppervlaktemperatuur is sowat 7 500 K en dit het dus die wit skynsel tipies van A-tipe sterre. Dit roteer met ’n periode van 4,5 dae en die pole lê teen ’n helling van sowat met die gesigslyn van die Aarde af.

Na aanleiding van sy ligging en beweging deur die ruimte is Alpha Circini ’n kandidaatlid van die Beta Pictoris-groep sterre wat ’n gemeenskaplike oorsprong het en sowat 12 miljoen jaar oud is.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Passer (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:A-tipe hoofreekssterre