Phakt (ook Alpha Columbae of α Col genoem) is met ’n skynbare magnitude van 2,6 die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Duif (Columba). Dit is sowat 261 ligjare van die Son af.
Naam Die ster se Bayer-naam is Alpha Columbae. Die amptelike naam, Phakt (ook Phact, Phad of Phaet gespel) kom van die Arabiese فاجتة fākhitah, "lemoenduif". Dit is oorspronklik vir die sterrebeeld Duif gebruik en later vir die ster.
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Phakt" vir die ster goedgekeur.
Eienskappe Phakt is vermoedelik ’n enkelster, hoewel dit ’n dowwe optiese metgesel teen ’n hoekskeiding van 13,5 boogsekondes het, wat dit ’n dubbelster sal maak. Sy sterreklassifikasie is B7 IV, waar die ligsterkteklas IV aandui dit is ’n geëvolueerde subreus. Sy spektrum wys dit is ’n Be-ster wat omring is deur ’n gasskyf. Nes die meeste van dié sterre (of almal) draai dit vinnig, met ’n rotasiespoed van sowat . Dit is vermoedelik ’n Gamma Cassiopeiae-veranderlike, met sy skynbare magnitude wat wissel tussen 2,62 en 2,66.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:B-tipe subreuse Kategorie:Duif (sterrebeeld)