Frederick Noël Lawrence Poynter (24 Desember 1908 – 11 Maart 1979) was 'n Britse bibliotekaris en mediese geskiedkundige wat vanaf 1964 tot 1973 gedien het as direkteur van die Wellcome Instituut vir die Geskiedenis van Medisyne.

In 1958 was Poynter 'n hoofspeler in die stigting van die Fakulteit van die Geskiedenis en Filosofie van Medisyne en Farmakologie van die Genootskap van Aptekers en was hy in 1965 een van die stigters en komiteelede van die Britse Genootskap vir die Geskiedenis van Medisyne (Société Internationale d’Histoire de la Médecine). Hy het later ook die Genootskap se president geword.

Hy het verskeie werke in verband met die geskiedenis van medisyne gepubliseer en was ook die redakteur van die Mediese Geskiedenis joernaal, die eerste Britse joernaal wat eksklusief toegewy was aan die geskiedenis van medisyne. Gedurende sy direkteurskap van die Wellcome Instituut vir die Geskiedenis van Medisyne was sy advies gereeld gevra betreffende aangeleenthede wat op die geskiedenis van medisyne betrekking het. Sy invloed was veral gevoel by die Bibliografiese Genootskap en hy was uitgenooi om 'n aantal gelyknamige lesings te gee. Die tweejaarlikse Britse Genootskap vir die Geskiedenis van Medisyne Poynter Lesings is na hom vernoem.

Notas

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1908 Kategorie:Sterftes in 1979 Kategorie:Britte