Abraham Erasmus van Wyk, bekend as Braam van Wyk (19 Februarie 1952, Wolmaransstad) is 'n Suid-Afrikaanse planttaksonoom. Hy is verantwoordelik vir die opleiding van 'n beduidende persentasie van die aktiewe planttaksonome in Suid-Afrika en het ook die eerste mobiele toep vir die identifikasie van bome in Suider-Afrika saamgestel.
Biografie Braam van Wyk is in 1952 op Wolmaransstad in die Wes-Transvaal (tans Noordwesprovinsie), Suid-Afrika gebore en het op 'n mielie- en beesplaas grootgeword. In 1973 het hy 'n BS (Plantkunde, Dierkunde, Fisiologie) (met onderskeiding) aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys behaal, gevolg deur 'n BS (Hons) (met onderskeiding) in 1974, 'n Hoëronderwysdiploma (met onderskeiding) in 1976 en 'n MS (Plantkunde) (met onderskeiding) in 1977 (onder toesig van D.J. Botha). Hy het aan die Universiteit van Pretoria sy doktorsgraad in plantkunde behaal met 'n proefskrif oor die klassifikasie van die genus Eugenia (Myrtaceae) in suidelike-Afrika ("Contributions towards a new classification of Eugenia L. (Myrtaceae) in southern Africa").
Sedert 1977 is hy verbonde aan die Departement van Plantkunde aan die Universiteit van Pretoria, waar hy in 1989 as professor in plantkunde aangestel is en as kurator van die universiteit se H.G.W.J. Schweickerdt herbarium.
Hy het talle akademiese en openbare lesings en kursusse aangebied oor 'n verskeidenheid plantkundige onderwerpe. Hy het ook gereeld bygedra tot die Suider-Afrikaanse Botaniese Diversiteitsnetwerk-projek (SABONET). Van Wyk geniet dit om plantkunde toeganklik vir die publiek te maak en het vir 18 jaar deelgeneem aan 'n weeklikse wetenskapsprogram oor die radio.
Van Wyk het in 2012 die volgende kursusse aan die Universiteit van Pretoria aangebied: BOT 251 Suider-Afrikaanse flora en plantegroei, BOT 366 Plantdiversiteit, BOT 741 Planttaksonomie, BOT 742 Plantklassifikasie en ZEN 809 Biogeografie en makro-ekologie.
Navorsingsprojekte Van Wyk se navorsingsprojekgebiede sluit in Myrtaceae, Celastraceae, Icacinaceae, Chenopodiaceae en Araceae en word uitgevoer in KwaZulu-Natal, Pondoland, Maputaland, Sekhukhuneland en die noordoostelike Drakensberge. Sy navorsing fokus op morfologie, anatomie, stuifmeelanalise, ontwikkelingsbiologie, voortplantingsbiologie en biogeografie.
Publikasies Van Wyk het dikwels met sy nagraadse studente in 'n aantal botaniese subdissiplines gewerk, insluitende anatomie, biografie, bibliografie, taksonomie, nomenklatuur, embriologie, fitogeografie, palinologie, voortplantingsbiologie, fitososiologie, sistematiek, floristiesme en ekologie. Hy het meer as 390 werke oor plantkunde van Suider-Afrika geskryf (of mede-outeur), insluitend die volgende boeke: Field Guide to Wild Flowers of the Highveld (Veldgids vir wilde blomme van die Hoëveld) Field Guide to Trees of Southern Africa (Veldgids vir Bome van Suidelike Afrika) A Photographic Guide to Wild Flowers of South Africa ('n Fotografiese Gids vir Wilde Blomme van Suid-Afrika) How to Identify Trees in Southern Africa (Hoe om bome in Suider-Afrika te identifiseer) Aloes of Southern Africa (Aalwyne van Suidelike Afrika) Photo Guide to Trees of Southern Africa (Fotogids vir Bome van Suidelike Afrika)
Toekennings en erkenning Die joernaal Flowering Plants of Africa het hul volume 65 (Junie 2017) toegewy aan Van Wyk. Die spesie Aloe braamvanwykii is na hom genoem. Silwer Medalje vir Plantkunde van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plantkundiges 'Allen Dyer'-toekenning van die Suid-Afrikaanse Sukkulente Vereniging Havengaprys vir lewenswetenskappe van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Uitsonderlike akademiese prestasieprys van die Universiteit van Pretoria
Spesies na hom vernoem Die volgende spesies is na prof. Van Wyk vernoem: Aloe braamvanwykii Canthium vanwykii Eugenia vanwykiana Gymnosporia vanwykii Indigofera vanwykii Pavetta vanwykiana
Die standaard skrywerafkorting A.E.van Wyk word gebruik om Abraham Erasmus Van Wyk as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam genoem word.
Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting
Verwysings
Eksterne skakels Prof Braam van Wyk - Universiteit van Pretoria Plant- en Grondwetenskappe-departement Abraham Erasmus van Wyk - Harvard Universeitse Herbarium- & biblioteek-databasisse A.E. van Wyk op JSTOR
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse botanici Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes Kategorie:Alumni van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys Kategorie:Alumni van die Universiteit Pretoria Kategorie:Akademiese personeel van die Universiteit Pretoria