Alpha Chamaeleontis (afgekort as α Cha) is die helderste ster in die suidelike sirkumpolêre sterrebeeld Kameleon (Chamaeleon). Dit het ’n skynbare magnitude van 4,06 en kan dus met die blote oog gesien word. Dit is 63,8 ligjare van die Son af.
α Cha is ’n F-tipe hoofreeksster met ’n klassifikasie van , waar "Fe-0,8" ’n onreëlmatige lae voorkoms van yster aandui. Sy massa is 1,4 keer dié van die Son en sy ligsterkte 7,64 keer die Son s’n. Sy effektiewe temperatuur is 6 776 K. Die ster is sowat 1,8 miljard jaar oud en het ’n rotasiespoed wat te laag is om te meet.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Gliese-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:F-tipe hoofreekssterre Kategorie:Kameleon (sterrebeeld)