Brigitte Bierlein (Duits: [bʁiˈɡɪtə ˈbiːɐ̯laɪn]; 25 Junie 1949 – 3 Junie 2024) was 'n Oostenrykse juris en politikus wat van Junie 2019 tot Januarie 2020 as die Kanselier (eerste minister) van Oostenryk gedien het. Sy is die eerste vrou om die pos te beklee. Sy was die advokaat-generaal van die Prokurator se Kantoor – in essensie die land se top aanklaer – van 1990 tot 2002, en van 2001 tot 2003 'n lid van die uitvoerende raad van die Internasionale Assosiasie van Aanklaers. In 2003 was Bierlein aangestel as 'n lid van die Grondwetlike Hof van Oostenryk. Tussen Januarie 2018 en Junie 2019 het sy gedien as die Hof se president, te wete die eerste vrou om dié posisie te hou.

Na die Ibiza-aangeleentheid het die Oostenrykse president Alexander Van der Bellen Bierlein op 30 Mei 2019 as Kanselier benoem na 'n parlementêre stem van geen vertroue wat die regering van Sebastian Kurz ontslaan het. Dit was die eerste suksesvolle mosie van die aard in Oostenrykse moderne geskiedenis.

Sy is opgevolg deur Sebastian Kurz van die Oostenrykse Volksparty (Duits: Österreichische Volkspartei, ÖVP).

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Eerste Ministers van Oostenryk Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Sterftes in 2024