Mohammed Valli Moosa (gebore 8 Februarie 1957 in Johannesburg) is 'n afgetrede Suid-Afrikaanse politikus.

Lewensloop Moosa was 'n leerling by die Park Primary School en Lenasia State Indian High School, waarna hy in 1978 'n BSc-graad verwerf het aan die Universiteit van Durban-Westville (later saamgesmelt as die Universiteit van KwaZulu-Natal).

Op die jeugdige ouderdom van 14, het hy sy eerste kontak met die onderdrukking van die apartheidstelsel beleef, toe hy saam met ander leerders geweier het om Die Stem van Suid-Afrika te sing.

In 1999 is hy as die Minister van Omgewingsake en Toerisme van Suid-Afrika aangestel. In hierdie pos het hy hom beywer vir die bewusmaking van die probleem van huishoudelike rommel, deur grappenderwys plastieksakkies die 'nasionale blom' te noem. Hy het hom beywer deur 'n minimum wettige dikte van 30 mikrometer vir inkopiesakke in te stel om hul koste, herbruikbaarheid en herwinbaarheid te verhoog. Hy is in November 2004 verkies tot president van IUCN, die Wêreldbewaringsunie, tydens die 3de Wêreldbewaringskongres in Bangkok.

Hy was ook die nie-uitvoerende voorsitter van Eskom en Sun International. In April 2013 word hy aangestel as die onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter van die Anglo American Platinum-maatskappy.

Verwysings

Eksterne skakels African National Congress se profiel van Mohammed Valli Moosa

Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van toerisme en omgewingsake