Baldwin Sipho "Ben" Ngubane (22 Oktober 1941 – 12 Julie 2021) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en besigheidsadministrateur. Hy het vele topposte beklee in die post-apartheid regering van die land, o.a. Premier van KwaZulu-Natal van 1 Maart 1997 tot Januarie 1999 en minister van kuns en kultuur van 1994 tot 31 Augustus 1996 en weer van Februarie 1999 tot April 2004.
Hy het in 1971 sy MB ChB behaal aan die Mediese Skool van die Universiteit van Natal in Durban.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Sterftes in 2021 Kategorie:Sterftes aan Kovis-19 Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Politici van die Inkatha-Vryheidsparty Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van kuns en kultuur Kategorie:Zoeloes