Barry Roux (* 21 November 1955 in Mafeking) is tot die Balie toegelaat in 1982. Sy praktyk dek kriminele versekering, Suid-Afrikaanse eiendomsreg, lugvaart, huwelik, mediese nalatigheid, algemene kontraktuele en likwidasiewerk. Hy het as advokaat opgetree in die vehoor van Oscar Pistorius.
Hy is bekend vir sy gebruik van die Engelse frase "I put it to you..." (Ek stel dit aan jou...).
Loopbaan Roux is in Mafeking gebore aan ouers wat boere was. Hy het skoolgegaan by die Laerskool Rooigrond en die Hoërskool Lichtenburg. Hy het aan die Unisa studeer en het in 1981 'n B.Juris.LLB behaal. Roux het eenkeer aan 'n onderhoudvoerder gesê: "Ek het die Wet aan Unisa gestudeer, maar dink jy dat ek aan Unisa gestudeer het omdat ek wou?". Dit was met verwysing na die feit dat sy familie nie kon bekostig om hom na 'n gesogte regsskool te stuur nie.
Roux was 'n staatsaanklaer van 1973 tot 1982 en het lesings gegee aan die Justisiekollege, die Suid-Afrikaanse regering se opleidingsinstelling vir regsamptenare. "Ek het my eerste geld verdien na matriek by die Departement van Justisie. Dit was eers toe ek my eerste bankrekening oopgemaak het," het Roux in 'n onderhoud gesê.
Hy is in 1982 tot die Pretoria-balie opgeneem. Onder die persone namens wie hy opgetree het, is die sakemanne Dave King en Roger Kebble (vader van Brett Kebble). Hy het hulle op afsonderlike, nie-verwante aanklagte van belastingbedrog verteenwoordig.
In die 1990's het hy ook suksesvol opgetree namens Lothar Neethling, 'n apartheid-tydse polisiehoof, wat koerante (insluitend die Vrye Weekblad) gedagvaar het vir skadevergoeding oor eise dat hy gif verskaf het om gebruik te word teen anti-apartheidsaktiviste.
Roux het tandarts Casper Greeff verdedig, wie in 2001 skuldig bevind is aan die moord op sy vrou.
Persoonlike lewe Barry Roux het 'n internasionale reputasie verwerf omdat hy 'n vreesaanjaende kruisondervraer is en 'n persoon wat blykbaar nie empatie in die hof wys nie. Manny Witz, advokaat aan die Johannesburgse balie, wat al meer as 35 jaar saam met Roux gewerk het, verwys egter na hom as 'n "baie ervare kriminele prokureur, en 'n aangename persoon. Hy is baie professioneel en bekwaam."
Roux is ook beskryf as 'n hardwerkende maar privaat persoon. Roux het in 'n onderhoud gesê: "Ek het 'n vakansiehuis. Dit is nie 'n goeie belegging nie, maar dis wonderlik."
In sy vrye tyd gaan Roux na die gimnasium of hardloop. Hy is getroud met Audrey Botha en hulle het twee kinders.
Media Roux se kruisondervragingstyl het tot baie parodieë gelei, waaronder: Die Barry Roux Rap op YouTube Die liedjie Because I'm Barry (Want ek is Barry) deur Brad O'Regan 'n Vals Twitterrekening: @BarryRouxLaw Die Michelle Burger: Ekstra-gebraai, 'n advertensieveldtog deur Nando's, met verwysing na Roux se intense kruisondervraging van die eerste getuie in die Oscar Pistorius-verhoor, Michelle Burger, wat veroorsaak het dat sy gehuil het.
Van sy frases wat gebruik was in die Pistorius-verhoor was ook geparodie, naamlik: "Wat as ek vir jou sê dat my hond soos 'n kat blaf?" "Wie sit 'n waaier op 'n balkon?" "Is jy goed of is jy ok?"
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse advokate Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1955 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van die Universiteit van Suid-Afrika