220px Wayfarers Chapel

5755 Palos Verdes Drive South Ranchos Palos Verdes, CA

Opgerig

1949 tot 1951

Argitekte

Lloyd Wright

Boustyl Modernisme

Status

National Historic Landmark duimnael|links|Die altaar met die Onse Vader-gebed duimnael|links|Buiteaansig van die kerk Wayfarers Chapel, ook bekend as The Glass Church, is 'n kerkgebou van die Swedenborgiaanse Kerk van Noord-Amerika wat as monument vir sy stigter, Emanuel Swedenborg (1688–1772), opgerig is. Die kerk is geleë op die Palos Verdes-skiereiland, op kranse bo-oor die Kaliforniese Stille Oseaankus in Rancho Palos Verdes, 'n nedersetting in Los Angeles County.

Die kerk word onder die belangrikste argitektoniese besienswaardighede in Los Angeles en omgewing gereken. Die gebou is in die modernistiese styl ontwerp deur Lloyd Wright, die seun van die befaamde Amerikaanse argitek Frank Lloyd Wright, met glas as die hoofsaaklike boumateriaal. Die kerk se deurskynende glasmure laat lig binnestroom en bied kerkgangers en ander besoekers 'n uitsig oor die omgewing.

Verwysings

Kategorie:Geboue en strukture in Los Angeles County