Frank-Walter Steinmeier (* 5 Januarie 1956 in Detmold, Noordryn-Wesfale) is 'n Sosiaal-Demokratiese Duitse politikus wat sedert 19 Maart 2017 die amp van twaalfde bondspresident van Duitsland beklee.
Steinmeier het tussen 2005 en 2009 (die eerste kabinet van kanselier Angela Merkel) en tussen 2013 en 2017 (derde kabinet van kanselier Merkel) as minister van buitelandse sake gedien.
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van die Bondsrepubliek Duitsland Kategorie:Geboortes in 1956