Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.

Chushu (tradisionele Chinees: 處暑; vereenvoudigde Chinees: 处暑; pinyin: chǔshǔ) of shosho (Japannees: 処暑) is die 14de sontermyn en die tyd wanneer die ergste somerhitte verby is. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 150° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 165° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 150° is.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 23 Augustus en eindig dit omstreeks 7 September.

Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van chushu is:

Eerste pentade: Die arende aanbid die voëls (鷹乃祭鳥). Tweede pentade: Die Hemel en Aarde begin onttrek (天地始肅), ’n verwysing na die einde van die somer. Laaste pentade: Die graan word ryp (禾乃登).

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sontermyne Kategorie:Herfs