Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Liqiu (Chinees: 立秋, pinyin: lìqiū) of risshu (Japannees: 立秋) is die 13de sontermyn en die begin van die herfs. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 135° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 150° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 135° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 7 Augustus (8 Augustus Oos-Asiatiese tyd) en eindig dit omstreeks 23 Augustus.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Herfs