Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.

Dashu (Chinees: 大暑, pinyin: dàshǔ) of taisho (Japannees: 大暑) is die 12de sontermyn en die warmste tyd van die jaar. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 120° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 135° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 120° is.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 22 Julie (23 Julie Oos-Asiatiese tyd) en eindig dit omstreeks 7 Augustus.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sontermyne Kategorie:Somer