Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Xiazhi (Chinees: 夏至, pinyin: xiàzhì) of geshi (Japannees: 夏至) is die 10de sontermyn en dui die somersonstilstand aan. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 90° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 105° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 90° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 21 Junie en eindig dit omstreeks 7 Julie.
Sonstilstand Die sonstilstande en dag-en-nag-ewenings dui volgens tradisionele Oos-Asiatiese kalenders die middel van die seisoene aan. Hier beteken die Chinese karakter 至 "uiters", wat dui op ’n sonstilstand. Die termyn beteken dus die middel van die somer.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Somer