duimnael|160px|’n Djainistiese uitbeelding van Meru uit die Samghayanarayana. duimnael|160px|’n Bhoetaanse skildery van Meru en die Bhoeddhistiese heelal, 19de eeu, Trongsa, Bhoetan.
Meru (Sanskrit: मेरु; Tibettaans: ཪི་རྒྱལ་པོ་རི་རབ་, Sumeru, Sineru of Mahameru) is die heilige berg met vyf pieke in die Hindoeïstiese, Djainistiese en Boeddhistiese kosmologie en word beskou as die middelpunt van al die fisiese, metafisiese en spirituele heelalle.
Meru (Singalees: මහා මේරු පර්වතය) met die voorvoegsel su- gee die betekenis "Wonderlike Meru" of "Groot Meru". In ander tale is die naam: Chinees: 須彌山 Xūmíshān; Birmaans: မြင်းမိုရ် Myinmo, Khmer: ភ្នំព្រះសុមេរុ Phnom Preah So Mae.
Baie bekende Hindoe-, Djanistiese en Boeddhistiese tempels is gebou as ’n simboliese verteenwoordiging van die berg.
Geografies Die eienskappe wat aan Meru gegee word en verwys na die berg as deel van die Kosmiese Oseaan, met stellings soos "Die Son en al die planete wentel om die berg", maak dit volgens die meeste geleerdes moeilik om die ligging vas te stel. Sommige navorsers vereenselwig Meru of Sumeru met die Pamirgebergte noordwes van Kasjmir.George Nathaniel Curzon; The Hindu World: An Encyclopedic Survey of Hinduism, 1968, p 184Benjamin Walker - Hinduism; Ancient Indian Tradition & Mythology: vertaling, 1969, p. 56Jagdish Lal Shastri, Arnold Kunst, G. P. Bhatt, Ganesh Vasudeo Tagare - Oriental literature; Journal of the K.R. Cama Oriental Institute, 1928, p 38Bernice Glatzer Rosenthal - History; Geographical Concepts in Ancient India, 1967, p 50Bechan Dube - India; Geographical Data in the Early : A Critical Study, 1972, p 2Dr M. R. Singh - India; Studies in the Proto-history of India, 1971, p 17
Die Sanskrit geskrif Suryasiddhanta noem dat die berg Meru in "die middel van die Aarde" (bhurva-madhya) lê, in die land van die Jambunad (Jambudvip). Volgens Narpatijayacharyā, ’n 9de-eeuse teks wat geskoei is op die meestal ongepubliseerde werk van Yāmal Tantr, word gesê "Su-meru lê in die middel van die Aarde, maar word nie daar gesien nie."Tweede vers van "Koorma-chakra" in die boek Narpatijayacharyā
In een van die vele weergawes van die Hindoe-kosmologie word Meru beskryf as omring deur die berge Mandrachala in die ooste, Supasarva in die weste, Kumuda in die noorde en Kailasha in die suide.J.P. Mittal, History of Ancient India: From 7300 BC to 4250 BC, page 3
Verwysings
Bronne . Narpatijayacharyā, kommentaar deur Ganeshdatta Pathak. Chowkhambha Sanskrit Sansthana, Varanasi, Indië, PIN-221001.
Eksterne skakels Sumeru in Encyclopedia of Buddhist Iconography 12 "What is Mount Meru?"
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Meru Kategorie:Hindoemitologie Kategorie:Boeddhisme