Indravarman II (Khmer: ឥន្ទ្រវរ្ម័នទី២) was ’n koning van die Khmer-ryk. Hy was die seun van Jayavarman VII.Higham, C., 2001, The Civilization of Angkor, London: Weidenfeld & Nicolson,
Daar is ’n dispuut oor wanneer presies hy regeer het, moontlik omdat sy opvolger, Jayavarman VIII, historiese rekords oor hom vernietig het. Volgens die enigste inskripsie wat hom regstreeks noem, is hy in 1243 dood.
Hy was ’n Boeddhis en kry erkenning daarvoor dat hy ’n deel van Jayavarman VII se tempel vergroot of voltooi het. Tydens sy vreedsame bewind het die Khmer-ryk beheer oor Champa verloor en het die nuwe koninkryk Sukhothai onder Indraditya van die westelike gebiede oorgeneem.
David P. Chandler meen Indravarman II was moontlik die "Melaatse Koning" van Khmer-legendes.
Verwysings
Bronne Chandler, David P.: A History of Cambodia. Westview Press 2007. . Marston, John. Guthrie, Elizabeth. History, Buddhism, and New Religious Movements in Cambodia. University of Hawai'i Press. .
Eksterne skakels Ta Som-tempel op die webtuiste van die World Monuments Fund 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Konings van die Khmer-ryk