duimnael|Mike Pompeo en Premier van Maleisië Mahathir Mohamad (3 Augustus 2018) Michael Richard Pompeo (gebore 30 Desember 1963) is 'n Amerikaanse politikus en prokureur en was van 26 April 2018 tot 21 Januarie 2021 die 70ste minister van buitelandse sake van die Verenigde State. Hy is 'n voormalige offisier in die Weermag van die Verenigde State en was direkteur van die Central Intelligence Agency van Januarie 2017 tot April 2018.
Pompeo was 'n lid van die Huis van Verteenwoordigers van die Verenigde State van 2011 tot 2017 as verteenwoordiger van Kansas se 4de kongressionele distrik. Hy was 'n verteenwoordiger van Kansas op die Republikeinse Nasionale Komitee en 'n lid van die Italiaans-Amerikaanse Kongressionele Afvaardiging. Pompeo is ook 'n lid van die Tea Party-beweging binne die Republikeinse Party.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse ministers Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lewende mense