Normandies (Normaund, Frans: Normand, Guernésiais: Normand, Jèrriais: Nouormand) maak deel uit van die ondergroep van die Galloromaanse tale binne die Romaanse taalfamilie. Dié taal en sy dialekte het sowat 105 000 moedertaalsprekers, veral in die Franse gebied Normandië en op die Kanaaleilande. In Frankryk geniet Normandies geen amptelike status nie omdat net Frans as amptelike taal erken word. Op die Kanaaleilande Alderney (Auregnais), Guernsey (Guernésiais), Jersey (Jèrriais) en Sark (Sercquiais) geniet die plaaslike dialekte egter amptelike status. Die Unesco beskou Normandies as 'n bedreigde taal.
duimnael|links|Titelblad van Kelham se woordeboek van die Normandiese en Oufranse taal uit 1779 Op die Romeinse verowering van Gallië onder Julius Caesar het die verplasing van die Keltiese tale gevolg. Soos die ander Galloromaanse tale het Normandies uit die plaaslike Vulgêrlatynse dialek ontstaan. Met die vestiging van die Noormanne (Wikings) vanaf die 840's in die Normandië is talle leenwoorde uit die Noord-Germaanse tale in Normandies opgeneem. As gevolg van die Normandiese verowering van Engeland onder Willem I van Engeland en die vestiging van Anglo-Normandies in die Koninkryk van Engeland bestaan sowat 28% van die Engelse woordeskat uit Normandiese leenwoorde. Weens die aanpassing van geskrewe Normandies by die Franse ortografie is Moderne Frans en geskrewe Normandies onderling verstaanbaar.
Eksterne skakels
Kategorie:Alderney Kategorie:Ernstig bedreigde tale Kategorie:Guernsey Kategorie:Jersey
Kategorie:Sark Kategorie:Tale van Frankryk Kategorie:Tale van die Kanaaleilande