230px|regs Die Os (牛, niú) is die tweede dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Os word verbind met die Aardse taksimbool 丑.
Dit kan ook as Bees vertaal word; die karakters 牛/丑 verwys na beeste in die algemeen, beide manlik en vroulik.
Beskrywing Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. Die os het tweede gekom, net ná die Rot.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Os is van 01:00 tot 03:00 – die tyd wanneer osse stadig begin herkou.
In Chinese simbologie word Osse beskou as noulettend, versigtig en geduldig, maar ook hardkoppig en preuts.
Jare en die Vyf Elemente Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Os gebore, met ook die volgende elementêre teken:
Begindatum Einddatum Hemelse tak 24 Januarie 1925 12 Februarie 1926 Houtos 11 Februarie 1937 30 Januarie 1938 Vuuros 29 Januarie 1949 16 Februarie 1950 Aardos 15 Februarie 1961 4 Februarie 1962 Metaalos 3 Februarie 1973 22 Januarie 1974 Wateros 20 Februarie 1985 8 Februarie 1986 Houtos 7 Februarie 1997 27 Januarie 1998 Vuuros 26 Januarie 2009 13 Februarie 2010 Aardos 12 Februarie 2021 31 Januarie 2022 Metaalos 31 Januarie 2033 18 Februarie 2034 Wateros
Osse en hul maats TekenBeste maatsGemiddelde maatsSlegte maats Os Os, Slang, Haan Draak, Aap, Rot, Hond, Tier, Perd, Vark, Konyn Bok
Basiese astrologiese elemente Aardse tak van geboortejaar ChǒuDie Vyf Elemente AardeJin/jang JinMaanmaand 12deGelukkige nommers 8, 9, 3; vermy: 6Gelukkige blomme tulp, immergroen, perskebloeisel, roosGelukkige kleure Blou, rooi, pers; vermy: wit, groenSeisoen WinterNaaste Westerse teken Steenbok
Sien ook Aardos Houtos Metaalos Vuuros Wateros
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Chinese astrologie