230px|regs Die Tier (虎, yín) is die derde dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Tier word verbind met die Aardse taksimbool 寅.

Beskrywing Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het hy gekla dat, hoewel hy goed kan swem, stromings in die water hom rivieraf laat dryf het. Hy kon dus net derde kom.

Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.

Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Tier is van 03:00 tot 05:00 – die tyd wanneer tiere hul prooi jag en hul wreedheid wys.

In Chinese simbologie word Tiere beskou as dapper, wreed, kragtig, statig en vreesaanjaend; dit is die simbool van mag en vorstelikheid.

Jare en die Vyf Elemente Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Tier gebore, met ook die volgende elementêre teken:

Begindatum Einddatum Hemelse tak 13 Februarie 1926 1 Februarie 1927 Vuurtier 31 Januarie 1938 18 Februarie 1939 Aardtier 17 Februarie 1950 5 Februarie 1951 Metaaltier 5 Februarie 1962 24 Januarie 1963 Watertier 23 Januarie 1974 10 Februarie 1975 Houttier 9 Februarie 1986 28 Januarie 1987 Vuurtier 28 Januarie 1998 15 Februarie 1999 Aardtier 14 Februarie 2010 2 Februarie 2011 Metaaltier 1 Februarie 2022 21 Januarie 2023 Watertier 19 Februarie 2034 7 Februarie 2035 Houttier

Tiere en hul maats TekenBeste maatsGemiddelde maatsSlegte maats Tier Tier, Hond, Perd Vark, Konyn, Bok, Slang, Haan, Os, Draak, Rot Aap

Basiese astrologiese elemente Aardse tak van geboortejaar JinDie Vyf Elemente HoutJin/jang JangMaanmaand 1steGelukkige nommers 1, 3, 4; vermy: 6, 7, 8Gelukkige blomme CinerariaGelukkige kleure grys, wit, blou, pers, oranje; vermy: goud, silwer, bruin, swartSeisoen LenteNaaste Westerse teken Waterdraer

Sien ook Aardtier Houttier Metaaltier Vuurtier Watertier

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Chinese astrologie