230px|regs Die Haan (Chinees: 雞, jī) is die tiende dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Haan word verbind met die Aardse taksimbool 酉.

Dit kan ook as Hoender vertaal word, want die Chinese karakter jī verwys na die hoender in die algemeen.

Beskrywing Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Bok, Aap en Haan deur ’n spanpoging anderkant aangekom. Die Haan het ’n vlot gevind en die Aap en Bok het geruk en gepluk om al die onkruid uit die weg te ruim. Hulle het die agtste, negende en tiende plek verower.

Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.

Dieselfde 12 diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Haan is van 17:00 tot 19:00 – die tyd wanneer hoenders na hul hokke terugkeer.

In Chinese simbologie word Hane beskou as onafhanklik, bekwaam en flink van begrip, maar ook ongeduldig, krities, eksentriek en eng.

Jare en die Vyf Elemente Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Haan gebore, met ook die volgende elementêre teken:

Begindatum Einddatum Hemelse tak 26 Januarie 1933 13 Februarie 1934 Waterhaan 13 Februarie 1945 1 Februarie 1946 Houthaan 31 Januarie 1957 17 Februarie 1958 Vuurhaan 17 Februarie 1969 5 Februarie 1970 Aardhaan 5 Februarie 1981 24 Januarie 1982 Metaalhaan 23 Januarie 1993 9 Februarie 1994 Waterhaan 9 Februarie 2005 28 Januarie 2006 Houthaan 28 Januarie 2017 15 Februarie 2018 Vuurhaan 13 Februarie 2029 2 Februarie 2030 Aardhaan 1 Februarie 2041 21 Januarie 2042 Metaalhaan

Hane en hul maats TekenBeste maatsGemiddelde maatsSlegte maats Haan Haan, Slang, Os Draak, Aap, Rot, Hond, Tier, Perd, Vark, Bok Konyn

Basiese astrologiese elemente Aardse tak van geboortejaar YǒuDie Vyf Elemente MetaalJin/jang JinMaanmaand 8steGelukkige nommers 5, 7, 8; vermy: 1, 3, 9Gelukkige blomme Swaardlelie, impatiëns, hanekamGelukkige kleure goud, bruin, geel; vermy: wit, groenSeisoen HerfsNaaste Westerse teken Maagd

Sien ook Aardhaan Houthaan Metaalhaan Vuurhaan Waterhaan

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Chinese astrologie