Die Vark (Chinees: 豬, zhū) is die twaalfde en laaste dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Vark word verbind met die Aardse taksimbool 亥.
In die Japannese en Tibettaanse astrologie word die Vark vervang met die Wildevark.
Beskrywing Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Vark honger geword en gestop om iets te eet. Daarna het hy aan die slaap geraak. Hy het net betyds wakker geword om die twaalfde plek te behaal voor die resies verby was.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Vark is van 21:00 tot 23:00 – die tyd wanneer varke lekker slaap.
In Chinese simbologie word Varke beskou as goedhartig, getrou en eerlik, maar ook naïef, liggelowig en traag.
Jare en die Vyf Elemente Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Vark gebore, met ook die volgende elementêre teken:
Begindatum Einddatum Hemelse tak 4 Februarie 1935 23 Januarie 1936 Houtvark 22 Januarie 1947 9 Februarie 1948 Vuurvark 8 Februarie 1959 27 Januarie 1960 Aardvark 27 Januarie 1971 14 Februarie 1972 Metaalvark 13 Februarie 1983 1 Februarie 1984 Watervark 31 Januarie 1995 18 Februarie 1996 Houtvark 18 Februarie 2007 6 Februarie 2008 Vuurvark 5 Februarie 2019 24 Januarie 2020 Aardvark 23 Januarie 2031 10 Februarie 2032 Metaalvark 10 Februarie 2043 29 Januarie 2044 Watervark
Varke en hul maats TekenBeste maatsGemiddelde maatsSlegte maats Vark Vark, Konyn, Bok Hond, Tier, Perd, Draak, Aap, Rot, Haan, Os Slang Basiese astrologiese elemente Aardse tak van geboortejaar HaiDie Vyf Elemente WaterJin/jang JinMaanmaand 10deGelukkige nommers 2, 5, 6, 8; vermy: 3, 4, 9Gelukkige blomme Lelie van enige spesieGelukkige kleure Geel; vermy: rooi, blouSeisoen WinterNaaste Westerse teken Skerpioen
Sien ook Aardvark Houtvark Metaalvark Vuurvark Watervark
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Chinese astrologie