Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die artikel oor die Noorse stad, sien Bodø.

duimnael|links|Die woord "Bodo Rao" in Devanagari-skrif Bodo of Boro (बर'/बड़, [bɔɽo]) is 'n Tibeto-Birmaanse taal wat deur sowat 1,3 miljoen mense in Noordoos-Indië, Bangladesj en Nepal gepraat word. Bodo is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Bodo word òf met die Devanagari-alfabet òf die Latynse alfabet geskryf. Dit vorm saam met Assamees en Bengaals die amptelike tale van die Indiese deelstaat Assam. Daarbenewens word Bodo in die aangrensende deelstate Manipur, Meghalaya en Wes-Bengale gepraat. Dit is verwant aan Kokborok, ook Tripuri genoem, een van die amptelike tale van die Indiese deelstaat Tripura, en aan Garo, wat geen amptelike status geniet nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Assam Kategorie:Tale van Bangladesj Kategorie:Tale van Indië Kategorie:Tale van Nepal Kategorie:Tibeto-Birmaanse tale