230px|regs Die Bok (Chinees: 羊, yáng) is die agtste dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Bok word verbind met die Aardse taksimbool 未.
Dit kan ook as Skaap of Ram vertaal wordWen Huang, "Year of the Sheep, Goat or Ram?" Chicago Tribune, 31 Januarie 2003. Besoek op 8 Februarie 2015.Theodora Lau and Laura Lau, Chapter 8: "The Sheep: The Eighth Sign of the Lunar Cycle", The Handbook of Chinese Horoscopes, pp. 193-220, Harper Collins, 1979 (sagteband Desember 2010) omdat die Chinese woord yáng meer akkuraat vertaal word as Caprinae, ’n takson wat beide bokke en skape insluit.A Lunar New Year With a Name That’s a Matter of Opinion, Chris Buckley, New York Times, 18 Februarie 2015
Beskrywing Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Bok, Aap en Haan deur ’n spanpoging anderkant aangekom. Die Haan het ’n vlot gevind en die Aap en Bok het geruk en gepluk om al die onkruid uit die pad te kry. Hulle het die agtste, negende en tiende plek verower.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Bok is van 13:00 tot 15:00 – die tyd wanneer bokke gras vreet en baie urineer.
In Chinese simbologie word Bokke beskou as sag, goedhartig en kalm, maar ook besluiteloos, ydel en bedees.
Jare en die Vyf Elemente Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Bok gebore, met ook die volgende elementêre teken:
Begindatum Einddatum Hemelse tak 17 Februarie 1931 5 Februarie 1932 Metaalbok 5 Februarie 1943 24 Januarie 1944 Waterbok 24 Januarie 1955 11 Februarie 1956 Houtbok 9 Februarie 1967 29 Januarie 1968 Vuurbok 28 Januarie 1979 15 Februarie 1980 Aardbok 15 Februarie 1991 3 Februarie 1992 Metaalbok 1 Februarie 2003 21 Januarie 2004 Waterbok 19 Februarie 2015 7 Februarie 2016 Houtbok 6 Februarie 2027 25 Januarie 2028 Vuurbok 24 Januarie 2039 11 Februarie 2040 Aardbok
Bokke en hul maats TekenBeste maatsGemiddelde maatsSlegte maats Bok Bok, Vark, Konyn Hond, Tier, Perd, Draak, Aap, Rot, Slang, Haan Os
Basiese astrologiese elemente Aardse tak van geboortejaar WeiDie Vyf Elemente AardeJin/jang JinMaanmaand 6deGelukkige nommers 2, 3, 4, 7, 9; vermy: 6, 8Gelukkige blomme Angelier, sleutelblomGelukkige kleure Groen, rooi, pers; vermy: goud, bruinSeisoen SomerNaaste Westerse teken Kreef
Sien ook Aardbok Houtbok Metaalbok Vuurbok Waterbok
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Chinese astrologie