230px|regs Die Konyn (兔, mǎo) is die vierde dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Konyn word verbind met die Aardse taksimbool 卯.

Beskrywing Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Konyn van klip tot klip oor die rivier gespring. Halfpad het hy in die water geval, maar daarin geslaag om aan ’n stomp vas te klou wat hom later na die oorkantse oewer laat dryf het.

Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.

Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Konyn is van 05:00 tot 07:00 – die tyd wanneer die Maanhaas kruiemedisyne fynmaal op die Maan.

In Chinese simbologie word Konyne beskou as sag en liefdevol. Hulle is nie aggressief nie, maar toeganklik. Hul optrede is ordentlik, adellik en elegant.

Jare en die Vyf Elemente Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Konyn gebore, met ook die volgende elementêre teken:

Begindatum Einddatum Hemelse tak 2 Februarie 1927 22 Januarie 1928 Vuurkonyn 19 Februarie 1939 7 Februarie 1940 Aardkonyn 6 Februarie 1951 26 Januarie 1952 Metaalkonyn 25 Januarie 1963 12 Februarie 1964 Waterkonyn 11 Februarie 1975 30 Januarie 1976 Houtkonyn 29 Januarie 1987 16 Februarie 1988 Vuurkonyn 16 Februarie 1999 4 Februarie 2000 Aardkonyn 3 Februarie 2011 22 Januarie 2012 Metaalkonyn 22 Januarie 2023 9 Februarie 2024 Waterkonyn 8 Februarie 2035 27 Januarie 2036 Houtkonyn

Konyne en hul maats TekenBeste maatsGemiddelde maatsSlegte maats Konyn Konyn, Vark, Bok Hond, Tier, Perd, Draak, Aap, Rot, Slang, Os Haan

Basiese astrologiese elemente Aardse tak van geboortejaar BoomDie Vyf Elemente HoutJin/jang JinMaanmaand 2deGelukkige nommers 3, 6, 9; vermy: 1, 7, 8Gelukkige blomme Plantago, lelie, fittonia, leeubekkieGelukkige kleure Swart, pienk, pers, blou, rooi; vermy: bruin, geel, witSeisoen LenteNaaste Westerse teken Visse

Sien ook Aardkonyn Houtkonyn Metaalkonyn Vuurkonyn Waterkonyn

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Chinese astrologie