230px|regs Die Rot (鼠, zǐ) is die eerste dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Rot word verbind met die Aardse taksimbool 子.
Beskrywing Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Kat en die Rot besluit die vinnigste manier om oor die rivier te kom, was op die rug van die Os. Hy was goedhartig genoeg om dit toe te laat. Halfpad deur die rivier het die Rot die Kat van die Os se rug afgestamp. Op die oorkantse oewer het hy van die Os se rug afgespring en na die eindstreep gehardloop. So het hy die eerste plek behaal. Die Kat het intussen verdrink en het nie die siklus gehaal nie.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Rot is van 23:00 tot 01:00 – die tyd wanneer rotte op hul aktiefste is in hul soeke na kos.
In Chinese simbologie word Rotte beskou as aanpasbaar, slim en versigtig, maar ook skugter, onstabiel en strydlustig.
Jare en die Vyf Elemente Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Rot gebore, met ook die volgende elementêre teken:
Begindatum Einddatum Hemelse tak 5 Februarie 1924 23 Januarie 1925 Houtrot 24 Januarie 1936 10 Februarie 1937 Vuurrot 10 Februarie 1948 28 Januarie 1949 Aardrot 28 Januarie 1960 14 Februarie 1961 Metaalrot 15 Februarie 1972 2 Februarie 1973 Waterrot 2 Februarie 1984 19 Februarie 1985 Houtrot 19 Februarie 1996 6 Februarie 1997 Vuurrot 7 Februarie 2008 25 Januarie 2009 Aardrot 25 Januarie 2020 11 Februarie 2021 Metaalrot 11 Februarie 2032 30 Januarie 2033 Waterrot
Rotte en hul maats TekenBeste maatsGemiddelde maatsSlegte maats Rot Rot, Draak, Aap Slang, Haan, Os, Vark, Konyn, Bok, Hond, Tier Perd
Basiese astrologiese elemente Aardse tak van geboortejaar ZiDie Vyf Elemente MetaalJin/jang JangMaanmaand 11deGelukkige nommers 2, 3, 6, 8; vermy: 4, 5, 9Gelukkige blomme Lelie van elke spesieGelukkige kleure Goud, blou, groen; vermy: geel, bruinSeisoen WinterNaaste Westerse teken Boogskutter
Sien ook Aardrot Houtrot Metaalrot Vuurrot Waterrot
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Chinese astrologie