230px|regs Die Slang (蛇, shé) is die sesde dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Slang word verbind met die Aardse taksimbool 巳.Snake Horoscope Information Besoek op 28 Augustus 2012.
Beskrywing Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die 12-jaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal maak die Slang op daarvoor dat hy nie ’n vinnige swemmer is nie deur skelmpies op die Perd se hoef te ry. Toe die Perd op die punt was om die eindstreep oor te steek, het die Slang afgespring – dit het die Perd laat skrik en die Slang het hom geklop om die sesde plek.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Slang is van 09:00 to 11:00 – die tyd wanneer die Son die Aarde verhit; dis wanneer slange uit hul gate kruip. Die "maand" van die Slang is 5 Mei tot 5 Junie.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die spesifieke dier gebore is.
In Chinese simbologie word slange beskou as intelligent, maar met ’n neiging om ietwat gewetenloos te wees.Eberhard, sub "Snake (She)", p. 268.
Jare en die Vyf Elemente Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Slang gebore, met ook die volgende elementêre teken: Begindatum Einddatum Hemelse tak 10 Februarie 1929 29 Januarie 1930 Aardslang 27 Januarie 1941 14 Februarie 1942 Metaalslang 14 Februarie 1953 2 Februarie 1954 Waterslang 2 Februarie 1965 20 Januarie 1966 Houtslang 18 Februarie 1977 6 Februarie 1978 Vuurslang 6 Februarie 1989 26 Januarie 1990 Aardslang 24 Januarie 2001 11 Februarie 2002 Metaalslang 10 Februarie 2013 30 Januarie 2014 Waterslang 29 Januarie 2025 16 Februarie 2026 Houtslang 15 Februarie 2037 3 Februarie 2038 Vuurslang
Let wel dat ’n nuwe teken van die diereriem in Japan op 1 Januarie begin, terwyl dit in China begin volgens die tradisionele Chinese kalender: op die donkermaan wat tussen 21 Januarie en 20 Februarie val. Mense wat in Januarie of Februarie gebore is, kan dus in die twee lande onder verskillende tekens val.
Slange en hul maats TekenBeste maatsGemiddelde maatsSlegte maats Slang Slang, Haan, Os Draak, Aap, Rot, Hond, Tier, Perd, Konyn, Bok Vark
Basiese astrologiese elemente Aardse tak van geboortejaar SiDie Vyf Elemente VuurJin/jang JinMaanmaand: VierdeGelukkige nommers 2, 8; vermy: 1, 6, 7Gelukkige blomme Orgidee, kaktusGelukkige kleure Rooi, geel, swart; vermy: wit, goud, bruinSeisoen: SomerNaaste Westerse teken Bul
Sien ook Aardslang Houtslang Metaalslang Vuurslang Waterslang
Verwysings
Bronne Eberhard, Wolfram (2003 [Duitse weergawe 1986]), A Dictionary of Chinese Symbols: Hidden Symbols in Chinese Life and Thought. Londen, New York: Routledge.
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Chinese astrologie