Ponhea Yat (Khmer: ពញាយ៉ាត; Thai: พญาญาติ, Phaya Yat), ook bekend as Barom Reachea II (Khmer: បរមរាជាទី២; Thai: บรมราชาที่ ๒, Borommaracha Thi Song), was die laaste koning van die Khmer-ryk. Hy was die seun van Khamkhat.
Lewe duimnael|220px|links|Die hoofpagoda van Wat Phnom.
Ponhea Yat het in 1408 en 1414 by keiser Yongle van die Ming-dinastie gekla oor plundertogte deur die koning van Champa, Jaya Simhavarman V.Maspero, G., 2002, The Champa Kingdom, Bangkok: White Lotus Co., Ltd.,
In 1431 was hy verplig om uit Yasodharapura te vlug omdat dit onverdedigbaar was teen die Siamese koninkryk Ayutthaya. Hy het hom eers in Basan (Srey Santhor) gevestig en nadat dié oorstroom is, in Chaktomuk (nou deel van Phnom Penh).
In Phnom Penh het die koning opdrag gegee dat die grond opgebou word om dit teen vloede te beskerm en ’n paleis te bou. Tydens sy bewind het hy ook ses Boeddhistekloosters om die stad laat bou en sy oorskot is steeds in ’n stoepa agter die Wat Phnom.
Koning Ponhea Yat is ná sy dood in Phnom Penh deur sy oudste seun, Narayana Reachea, opgevolg. Dié het tot 1469 daar regeer en is deur sy jonger broer, Srey Reachea, opgevolg.
Verwysings
Eksterne skakels Geskiedenis van Phnom Penh 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Konings van die Khmer-ryk