Ariamsvlei is 'n nedersetting van omtrent 500 mense in die ǁKaras-streek in die suide van Namibië en 'n klein grenspos tussen Namibië en Suid-Afrika. Dit is suid-oos van Karasburg geleë, op die B3-hoofweg. Dit lê op 804 meter bo seevlak. Die grenspos aan die Suid-Afrikaanse kant word Nakop genoem.

Ariamsvlei is 'n belangrike rusplek vir langafstandvragmotors, en 'n spoorweghalte op die lyn tussen Windhoek en Upington. Die nedersetting het 'n vulstasie, 'n winkel, en 'n restaurant.

Sien ook Grens tussen Suid-Afrika en Namibië

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Namibië