Jayavarman VIII (Khmer: ជ័យវរ្ម័នទី៨), postuum bekend as Paramesvarapada, was een van die prominente konings van die Khmer-ryk. Hy het regeer van 1243 tot 1295, toe hy geabdikeer het. Een van sy koninginne was Chakravartirajadevi. Hy het Hindoeïsme aangeneem ondanks sy pa wat ’n Boeddhis was en het dié geloof dwarsdeur sy heerskappy beoefen.

Tydens Jayavarman VIII se bewind het die Mongoolse magte onder Koeblai Khan in 1283 Angkor aangeval. Dit was nadat Jayavarman VIII afgesante van die Mongoolse opperbevelhebber in Champa in 1281 gevange geneem het.Chou Ta-kuan 周達観 (Zhou Daguan, fl.1297), Customs of Cambodia 風土記 , vert. Paul Pelliot en J. Gilman d’Arcy Paul, Bangkok, Siam Society, 1993, pp.xviii-xix. In 1283 het hy besluit om belasting te betaal en vrede te koop, en so het sy bewind oorleef.Cœdès, George. (1956) The Making of South East Asia, pp.127-128.

Jayavarman VIII het ’n verwoestende oorlog teen die koninkryk Sukhothai gevoer.

Hy was ’n Shaivis. Sy bewind is in 1295 deur sy skoonseun Indravarman III (Srindravarman), ’n Boeddhis, omvergewerp.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Konings van die Khmer-ryk