Die witrugeend (Thalassornis leuconotus) is 'n algemene standvoël van Suidelike Afrika.
Identifikasie Dit is 'n ronde, stewige eendjie van 38–40 cm. Sy massa is ongeveer 625 tot 800 gram.
Die witrugeend het 'n gevlekte bruin rug en 'n relatief groot kop met 'n vaal vlek op die basis van die snawel. In vlug kan die wit rug waargeneem word. Geen onderskeid tussen manlik, vroulike en onvolwasse voëls nie.
Habitat Die habitat is hoofsaaklik varswaterdamme en vleiland. Hierdie eende is goed aangepas vir duik en duiktye tot 'n halfminuut is al waargeneem waarby soveel as 65 meter afgelê word. Hulle is sku en hou gewoonlik van riete om agter te skuil.
Dieet Die eende eet hoofsaaklik plantmateriaal, veral sade en blare, jong eende eet ook ruspes en inseklarwes.
Verspreiding Die witrugeend kom veral in die oostelike dele van Suider-Afrika voor.
Hierdie taamlik seldsame eende kom ook voor in Wes-Afrika tussen Senegal en Tsjad en in Oos-Afrika vanaf Ethiopië tot in Suid-Afrika en Madagaskar.
Geluid Die eend uiter 'n lae-noot fluit.
Subspesies T. l. leuconotus T. l. insularis
Ander name Engelse naam: White-backed Duck Wetenskaplike naam: Thalassornis leuconotus
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899,
Kategorie:Eendvoëls