Die geelbekeend (Anas undulata) is 'n algemene standvoël in Suidelike-Afrika.

Identifikasie Die eende is grys met 'n donkerder kop en 'n heldergeel snawel. Die snawel het 'n swart kol in die middel. Die vlerke is witterig aan die onderkant, en van bo gesien vertoon wit-begrensde groen hoofvere.

Habitat Hierdie eend verkies vars water in redelik oop gebied.

Broeigewoontes Hulle broei op die grond in digte plantegroei naby water. 'n Broeisel bestaan normaalweg uit ses tot twaalf eiers.

Dieet Die geelbekeend is 'n plantvreter en 'n dageend, d.w.s. hy is bedags aktief.

Verspreiding Hulle is baie volop en vorm soms groot swerms wat wydverspreid is in Suid-Afrika en Oos-Afrika.

Geluid Die manlike eend uiter 'n fluitgeluid en die vroulike eend 'n kwêk-geluid.

Subspesies A. u. rueppelli A. u. undulata

Ander name Engelse naam: Yellow-billed Duck Wetenskaplike naam: Anas undulata

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys KENNIS,  vol 14, 1980, bl. 2898-2899, 

Kategorie:Eendvoëls