Die teeleend (Anas capensis) is 'n algemene standvoël in Suidelike Afrika.
Identifikasie Grootte: 44–48 cm. Hierdie eend is die vaalste eend wat in Suid-Afrika voorkom. Die teeleend is hoofsaaklik grys met 'n bruin rug en pienk op die snawel. Die eend het 'n gespikkelde kop. Jong voëls besit nie die rooskleurige kleur op die snawel nie.
Habitat Die habitat is oop areas van vars- sowel as soutwater. Hulle verkies vlak water en kom in klein swerms voor.
Dieet Voedsel bestaan uit waterplante sowel as klein ongewerwelde gediertes.
Broeigewoontes Die nes is altyd op die grond, naby die water en uitgevoer met dons. Verspreiding Die teeleend kom in die meeste dele van Suidelike Afrika voor, maar hoofsaaklik in die droë weste van die streek. Veral Wes-Kaapland.
Geluid Die mannetjie-eend uiter 'n duidelike fluit, maar die wyfie-eend 'n sagte kwêk.
Ander name Engelse naam: Cape Teal Wetenskaplike naam: Anas capensis
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899,
Kategorie:Eendvoëls