Identifikasie Hierdie spesie in onverwisselbaar in die Noordelike halfrond as gevolg van hulle groot plat snawel. Die broeiende manlike voël het 'n groen kop, wit bors en bruin onderkant en flanke. In vlug kan vaal-blou voorvlerkvere gesien word wat deur 'n wit grens geskei word van die res van die groen vere. Die vroulike eend is ligbruin en het grys voorvlerkvere.
Habitat Hierdie eend verkies oop waterryke areas soos grasvlaktes en vleie.
Verspreiding Die Europese slopeend broei in die noorde van Europa en Asië en in die meeste van Noord-Amerika.
Geluid Hierdie eend-spesie is redelik stil.
Ander name Engelse naam: Northern (European) Shoveler / Shoveler / Northern Shoveler Wetenskaplike naam: Anas clypeata
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Galery
Verwysings
Kategorie:Eendvoëls