Die gevlekte eend ( Anas hottentota) is die kleinste van die swemeende.

Verspreiding Sy natuurlike leefgebied is Oos-Afrika suidelik van die Sahara, van Soedan en Etiopië. In Suid-Afrika, behalwe die Wes-Kaapland en die Kaapse Middellande, kom dit algemeen voor asook in Namibië. Ook op Madagaskarkom die voël voor. Hiernaas is die voël 'n populêre mak voël en word wêreldwyd gehou as troeteldier.

Identifikasie Die gevlekte eend lyk soortgelyk aan die rooibekeend en teeleend met 'n donker mus, maar is 'n heelwat kleiner spesie (sowat 35 cm), en het 'n blou snawel. Dit het nie kolle aan die agterkant van die lyf soos die rooibekeend nie. Dit het 'n dowwe kol op vanaf die nek tot op die wang teenoor die rooibekeend se volledig roomkleurige wange.

Habitat Dit is egter 'n taamlik skaars eendsoort en mens sien hulle meestal net in pare of klein swerms. Die gevlekte eend gee voorkeur aan 'n moerasagtige omgewing.

Broeigewoontes Die nes is tussen riete naby die water. Dit is nie bekend wat hulle eet nie.

Ander name Engelse naam: Hottentot Teal Wetenskaplike naam: Anas hottentota

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Uitgewers: Eerste uitgawe. 1993 KENNIS,  vol 14, 1980, bl. 2898-2899, 

Kategorie:Eendvoëls