Die Kaapse slopeend (Anas smithii) kom net in Suid-Afrika, Namibië, Botswana en dele van Mosambiek en Angola voor.
Identifikasie Die eend het 'n breë, graafvormige snawel. Die wyfie en die mannetjie verskil van kleur.
Habitat en dieet Die Kaapse slopeend hou van vlak water wat ryk is aan insekte- en plantelewe. Die breë, plat bek word as 'n graaf en sif gebruik wanneer die voël in die modder vroetel op soek na kos.
Broeigewoontes Die nes is altyd naby die water en op die grond. Dit is uitgevoer met die dons van die wyfie, wat die 6-11 eiers bedek wanneer sy die nes verlaat.
Ander name Engelse naam: Cape Shoveler Wetenskaplike naam: Anas smithii
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899,
Verwysings
Kategorie:Eendvoëls