Die swarteend (Anas sparsa) is 'n algemene standvoël in Suidelike Afrika.
Identifikasie 48–57 cm. Die Swarteend is omtrent totaal swart, met wit vlekke op die rug en helder oranje bene en pote. Die snawel is blouerig. In die skemerure net voor sonsondergang is die eendsoort aktief. Hulle is baie goed gekamoefleer op die donker water en vlieg ook nie sommer op nie.
Habitat Die habitat is hoofsaaklik riviere en vloeiende water strome gedurende die dag en groot oop oppervlaktes water gedurende die nag. Dit is 'n tipiese riviereend.
Dieet Die eende eet larwes en papies wat normaalweg onder klippe voorkom, klein water diertjies, plantmeteriaal, sade, klein visse en slakke.
Verspreiding Hierdie eende kom wyd verspreid in die meeste dele van Afrika voor, maar is nie juis volop nie.
Geluid Die eend uiter hoë-noot fluit.
Subspesies A. s. sparsa A. s. leucostigma
Ander name Engelse naam: African black duck / Black duck / black river duck / West African black duck / South African black duck / Ethiopian black duck Duitse naam: Schwarzente Wetenskaplike naam: Anas sparsa
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899,
Kategorie:Eendvoëls