Die Nonnetjie-eend (Dendrocygna viduata) is 'n algemene standvoël.
Identifikasie Hierdie spesie is 43–48 cm lank en het 'n lang grys snawel, lang kop en langerige bene. Hulle het 'n wit kop en kroon, met 'n swart agterkop. Die rug en vlerke is donker bruin tot swart, en aan die onderkant swart hoewel die flanke fyn wit lyne vertoon. Die nekkleur is bruin. Jong voëls se kop- en nekkleure is minder kontrasterend. Die wit gesig is die mees opvallende kenmerk.
Habitat Die habitat is varswater damme en reservoirs, met baie plante. Die eende spandeer baie tyd buite die water. Hulle verkies warmer gebiede en betreklike oop water, waar hulle in swerms hou.
Dieet Die eend eet sade en ander plantmateriaal. Hulle is nagdiere en hulle eet graag skulpdiertjies en krappies ook.
Verspreiding Die Nonnetjie-eend kom voor in die ooste van Suider-Afrika. Hulle broei in Afrika suid van die Sahara sowel as Suid-Amerika.
Broeigewoontes Die nes is op die grond in digte plantegroei en is soms taamlik ver van die water af. Dit is soms ook met dons uitgevoer. 5-12 Eiers word aangetref.
Geluid 'n Drie-noot fluit waarvan die laaste twee note na aan mekaar is.
Ander name Engelse naam: White-faced (Whistling) Duck Wetenskaplike naam: Dendrocygna viduata
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899,
Kategorie:Eendvoëls